H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

Africa Bike Week Touring Rally (22 - 27 April 2015)

Date: Apr 22, 2015

Location: KZN

Op Woensdag 22 April vertrek Liebenberg, Groenewald en Pretorius, na baie opwinding en mooi pak, na die Caltex Star Stop by die Ranch Hotel waar Steenkamp by ons aansluit vir 'n heerlike warm ontbyt. Met vol tenks en magies, ry ons oor Marble Hall, Groblersdal, Middelburg na Wakkerstroom.  Net so 40km voor Ermelo ry ons in die Ma van alle reen en haelstorms vas. Nooit geweet almal kan hulle reenpakke so vinnig aantrek nie. Soos Eskimo's ry ons na Ermelo om by die Spur  iets warm in die lyf te kry. Ons vertrek droog en warm na Wakkerstroom vir ons eerste oorslaap op die pad. Wat 'n mooie landskap. Bome staan kiertsregop in alle verskillende kleure as teken van die herfs wat aangebreek het. Na 'n drankie voor die heerlike kaggelvuur, geniet ons aandete by 'n snoesige restaurantjie, The Garret Emporium.


Donderdag oggend ry ons oor Volksrust, Newcastle en Ladysmith na Nottingham Road. Die Natalse middeland is werklik mooi, die bier by die boutique brouery vloei maklik en die geselskap, uit die boonste rakke. Johann en Linda gaan soos besorgde ouers eers die blyplek ondersoek voordat hulle ons daarheen neem. Wat 'n aangename verassing. Ons bly oor in Rutland Ridge House, 'n pragtige huis op 'n perdeplaas. Ons geniet heerlike wyn en braaivleis in kerslig - "they call it Load Shedding". Hier is ook geleer dat "mince & mash" eintlik maalvleis en kapokaartappels is... HaHaHa  ;-))


Na ontbyt in Notties - dit was noodsaaklik om die bewerige ingewande te kalmeer - ry ons na Margate waar die "honeymoon couple" Blignaut ons inwag. Ons maak 'n draai by die ABW venue en eet gou 'n ligte middagete by Larry's. 'n Vriendelike oompie van Sasolburg was so beindruk deur ons oulike vroutjies dat hy die een rondte shooters na die ander op ons laat neerdaal het. Sommige dames se slaai het later soos beet bakke gelyk. Ons eet by Flavours in Ramsgate en gaan vroeg bed toe vir n heerlike nagrus.

Saterdag begin met ontbyt by Waffle House waar Soon en Irma ook by ons aansluit. Vir sommige was dit nogal 'n ervaring om ontbyt op 'n wafel te eet en party selfs met roomys op. Ons parkeer binne in die venue op VIP parkering - dankie Linda vir die reelings. Party het probeer om die stalletjies met Harley produkte, leeg te koop. Ons kuier lekker by die HOG Hospitality Area . Almal was so honger en ons gaan heelwat vroeer na C-Bali vir heerlike seekos. Hier ontmoet ons toe vir Faan, Hannelie, Bullet en Monique. Raai wie het almal oortuig om 'n shooter te drink!!? Mon op haar beste! Oppad terug na ons huisies, word ons deur die naam "Fork-n-Pub" na 'n local pub gelok. Ons kuier en kyk rugby saam met die locals maar besluit toe om die Harleys by die huisies te gaan parkeer. Ons ry terug na die pub in 'n taxi waarvan die agterste sitplek soek is. Leon en Bennie sit agter op die vloer en kan nie eers by die venster uit sien nie. Die partytjie en die dans was so goed, dit het nie eers gepla dat die Bulle verloor het nie. Steenkamp en Groenwald maak ruim donasies van splinternuwe Harley klere aan die plaaslike gemeenskap in die "Herverdeling van Rykdom" program, daardie nag.....ai, ons land darm!
Met swaar gemoedere en harte, ry ons terug na Johannesburg. Onse Direkteur druk ons en ons ry 750km tot in Midrand. Die Steenkamps laat ons agter en gaan tot in Pretoria by hul famile. Ons sluit die aand af met 'n heerlike kerrie ete by The Raj in Waterfall Park. Uit vorige ondervinding op hierdie trip, besluit ons om eerder met 'n bussie na die restaurant te gaan....wat 'n goeie gedagte!

Maandag oggend ry ons na Harley Davidson Pretoria waar ons by Route 66 Diner 'n heerlike ontbyt eet en ons vir oulaas aan al die mooi nuwe Ysterperde kon verkyk. Om 13:30 arriveer ons terug in Polokwane. Polokwane fietse het sowat 2,240km gedoen en die Steenkamps van Tzaneen 2,460km.

Ons dank aan die Here dat hy ons veilig oor hierdie afstand gehou het en aan ons goeie weer en goeie vriende gegee het om te geniet. Natuurlik, Johann en Linda, wat sou hierdie trip gewees het sonder julle fyn beplanning. Johann met sy padkaart en Linda met die selfoon!

Vir ons was hierdie 'n eerste, maar beslis 'n trip wat ons altyd sal onthou. Die ander fietse, julle was GREAT....... Die bonding, lag, grappies en poetse wat gebak is met soveel liefde en kammeraadskap maak dit vir almal die moeite werd om 'n lid van HOG LIMPOPO te wees!

Tot volgender keer........ARRIE WARRIE!!

Ben & Dina Pretorius

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"