H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

Valentyne Two Nighter (13 - 15 February 2015)

Date: Feb 13, 2015

Location: Kaapschehoop, Mpumalanga

34 Lede op 17 Harleys woon ons jaarlikse Valentyns Two-Nighter by, hierdie keer op Kaapschehoop, Mpumalanga.

Ons roete daarheen en terug was sonder voorval en nie ‘n druppel reen….wel, tot ons klompie uit Polokwane so 60 kilometer voor die huis was, het ‘n geweldige bui reen oor ons uitgesak, maar wat ‘n lafenis!!!?

Ons roete daarheen het ons geneem vanaf Polokwane na Tzaneen en toe na Hoedspruit waar ons gestop het by Hat & Creek vir ‘n goeie brunch.

Ons vertrek oor die Abel Erasmus Pas, draai links af na Bourke’s Luck, Potholes oor Graskop, Sabie via Nelspruit Big Five waar ons ons vleispakkies optel, en die Blignaut egpaar, hulle nuwe Harley – na Kaapschehoop.  ‘n Heerlike pad om te ry saam jou geliefde…..

Aangekom by Silver Mist Gastehuis op Kaapschehoop, ‘settle’ ons lekker in en kom weer die aand bymekaar vir ‘n heerlike braai met bygeregte voorsien deur die gastehuis. 

Saterdag oggend geniet ons ‘n heerlike pannekoek-ontbyt by Koek ’n Pan en pak ‘n fris stappie aan na die waterval net daar naby!  Asemrowend en verfrissend!  Onthou julle nog die waarskuwing….”EN onthou - as die son skyn, stap ons na ontbyt na ‘n Baie Spesiale plekkie….so, pak jou tekkies, swemklere, hoed, sonskerm (en jou longe) in!!?”

Maar van die tweede nota is nie veel nie notisie geneem nie – “Die res van die dag is jou eie.  Geniet die natuurskoon, blou swaeltjies, wilde perde en vrede, saam met jou Valentyn……” – want toe ons weer sien toe kuier ons groep dat die bloed loop!!  DIT WAS GREAT VERBY!  Ons het SO gelag en gekuier en gekloek en ge-shoot dat ons amper amper die aand se spesiale Valentynsete gemis het….  ;-))

Ons eet die aand toe by Bohemian Groove Café…..die Broadway en Franse musiek was besonders en die plek se atmosfeer en kos is die Beste wat ons kon kry op so ‘n klein dorpie soos Kaapschehoop.

Sondag oggend, 15 Februarie, vertrek ons terug oor die berge en eet ‘n brunch by The Woodsman op Sabie, voor ons weer almal veilig huis toe ry oor ‘n pas of drie….heerlike en veilige kilometres is afgele.

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"