H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

Bushvelder One Nighter (20 - 21 September 2014)

Date: Sep 20, 2014

Location: Hoedspruit

Ons ry na die Bosvelder van die afgelope naweek was soos ‘n baba…..nat, koud & winderig maar toe ons eers daar aankom, het hierdie baba nie weer ‘kwê’ gesê nie en net gelag en gespeel, heerlik gekuier en geëet!!! Ons beplanning het gegaan rondom die vorige week se 38 grade toe word ons bederf met die jaar se laaste perfekte ry-weer!! Daar was ‘n swembad op elke moontlike kuier-plek en daarom sal ons dit net weer MOET doen…..maar volgende keer in die Hoog Somer!  Ons vat nie weer onvoorspelbare-weervoorspelling-kanse en mis al die swemme nie!!  ;-))

23 lede ry saam, 22 slaap oor – 14 Harleys het behoorlik ge-pub crawl deur ‘n koel Hoedspruit.
Liebenberg, Steyn, Du Toit & Naude vertrek vanuit Polokwane om 9:00 vanaf Shell Bendor en Ben & Florence bederf ons alweer met koffie!!  Dankie julle 2….waardeer.
Lyons; Van Heerden; Barnard; Kruger;  Van Der Spuy; Rautenbach & Sonntag – kom om 9:45 bymekaar en wag die Polokwane fietse in by Sasol, Mugg & Bean –  hier verwelkom Leon ons groep!  So lekker om te sien, dankie Leon!
Ons vertrek vanuit Tzaneen om 11:00 via Gravelotte – waar die beste biltong gekoop word….
Ons eerste stop is by Hoedspruit Safari Wine Club om bene te rek en ietsie te nuttig voor ons vertrek na Josmac’s teen die Klaserierivier waar ons middagete geniet het – pizzaskywe terwyl ons lekker rond sit en -staan en -kuier.  Dit is ‘n plekkie wat op ‘n “bucket list” hoort en ons was daar, net voor die hek van die Timbivati …..met baie wild op die pad daarheen!
By die WildLife Estate langs die Blyderivier aagekom, word ons geneem na ons huise en almal ‘settle’ in.  Viljoen ontmoet ons daar….liewer laat as nooit!!  Die eerste huis  – Van Heerden; Viljoen; Kruger;  Van Der Spuy;  Die tweede huis – Lyons; Sonntag; Liebenberg; Steyn;
Die derde huis (huis Geesvang!!) – Rautenbach & Du Toit & Naude!
Teen 18:00 kry ons almal mekaar weer by die Clubhouse in die Estate, waar ons die aand ook eet.
LIGTE Ontbyt by Scoops – bekend vir hulle heerlike koffie – Sondag oggend voor ons vertrek na Luke Africa, Letsitele, waar Luke & Anita ons bederf het by hulle lodge met heerlike ‘homemade burgers’!!
Tzaneen (300km) en Polokwane (500km) plus-minus in totaal, onderskeidelik.

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:+27 83 628 3134
  • Fax:+27 86 668 3134
  • Email:linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Unit 3 & 4, Ibis House, 15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct, Century City, Cape Town, South Africa

South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749
UAE Mobile: +971 52 687 0659

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com; luis.dasilva@harley-davidson.com

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"