H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

Show Stopper One Nighter (25 - 26 Julie 2014)

Date: Jul 25, 2014

Location: Madame Zingara, Monte Casino

Ons Madame Zingara Show Stopper was regtig sooooo lekker vir elke lid wat kon saamgaan!  Die ry Vrydag middag daarheen, Bennie & Corneli se huweliksherdenking vieringe, die show self, die kos, al die kreatiwiteit en sexiness van die aand…..een groot belewenis wat ons nie gou sal of kan vergeet nie!!  Die Neighbour Goods Market Saterdag oggend was ‘n eerste vir meeste van ons lede – iets wat ons ook nie elke dag kan beleef nie.  Dankie aan Ben & Irene vir die flink-dink-parkeer-reëling wat julle vir ons getref het!  Die terugry na die Noorde, weer net so lekker…..

Dis partykeer goed om van die ‘normale’ af te wyk want toe ons Saterdag by die huis kom wou ons net nog kuier en Sondag was soos ‘n bonus op ons naweek! 

Zingara was nou maar net een van daardie geleenthede wat Johann en ek so gekyk het in die Kaap en besluit het – hierdie is ‘n moet vir HOG Limpopo – julle sal dit soooooo geniet, dit sal werk en ons is bly om te kan sê – dit het nie teleurgestel nie…..en die lede van HOG Limpopo, nog minder!!!

28 lede woon by – 16 fietse – 900 kilometers vir Tzaneen fietse en so 700 vir Polokwane.

Saturday, 12 July - Super Saturday Outride, Klaserie

Die afgelope naweek se Super Saturday was voorwaar SUPER!  Ten spyte dat dit winter skoolvakansie is, het 14 lede en 1 gas ons Outride meegemaak na Love Bitez op Klaserie – 9 fietse.

Die verwelkoming deur Sunette was voorwaar warm met ‘n heerlike drankie EN ‘n Harley cupcake!!  Die kos was uit die boonste rakke en die diens, flink!

Ons Polokwane lede het na die son gesak het in die dorp ingery met die volmaakte volmaan wat agter ons opgekom het…..altyd SO die moeite werd om op te klim en saam te ry…..dankie julle, vir ‘n heerlike ontspanne dag saam van lag, gesels & menswees!  Dis net weer bewys….8 ure vir Harley ry per dag is steeds te min tyd !!

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"