H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

Year End 2015

Date: Nov 07, 2015

Location: Madame Zingara, Monte Casino

IT IS ABOUT THE RIDE AND NOT THE DESTINATION!
Dit kan ons verseker sê van ons afgelope HOG Limpopo Jaareindfunksie na Gauteng hierdie jaar, 2015.
Met 91% lede wat ons jaareind bygewoon het (slegs 6 lede nie teenwoordig uit 68), was ons 28 Harleys wat met ‘n reuse BRUL vertrek het vanaf Tzaneen en toe Mike’s Kitchen na Fourways.
Hier het ‘n verdere 8 Harley eienaars en hulle metgeselle ons ingewag met ope arms en ‘n yskoue drankie, dankie julle!
Ook die feit dat ons kon terugploeg in jou as lid deur jou akkommodasie te dra, het sekerlik bygedra dat ons so voltallig kon wees – dankie aan die Kommittee vir hierdie besluit….elkeen se insette is van groot waarde!!
Dankbaar veral vir Benhardt & Charme, Ben & Florence en Johann wat my met baie vrae en antwoorde bygestaan het vir hierdie funksie.  Dankie ook aan Lynda vir die mooiste fotos vir ons webtuiste!  En Tommy en Pieter wat die beste is met Geesvang!  ;-))  Elkeen word opreg waardeer vir wat jy doen en wie jy is….
Ons wil die ‘pack’ geluk wens met ‘n MOOI en AANSKOULIKE ry!  Wanneer die Harleys so verbykom tolhek toe, het mens hoendervleis gekry…..
Afstande is nie ver gerek nie, wat veroorsaak het dat die middelste en agterste ryers ‘n veilige spoed kon handhaaf…..dit het geloop soos stroop!
Dankie ook aan almal wat vooraf soos gevra, per e-pos laat weet het waar julle ons inwag, wie eet waar saam en wie eet nie – net so het julleself bygedra tot die sukses van die reëlings wat agter die skerms plaasvind en ons waardeer dit opreg!
Dit was ook heerlik om elke lid in ‘n totaal ander milieu te kon ervaar!  Baie dankie vir elkeen se moeite gedoen om te DRESS TO CELEBRATE!
Indien jy twyfel of enige iets nie vooraf genoem is nie, hieronder is alles bymekaar…..van die uitnodiging tot die laaste koebaai!  Wat ‘n Fees!!
Dis altyd hartseer om te groet na so ‘n heerlike tyd saam, maar almal is veilig terug na ‘n onvergeetlike tyd…..ook Soon & Irma wat band probleme gehad het…..
Ons is dankbaar vir ‘n Chapter soos HOG Limpopo wat bestaan uit lede wat regte mense is; NIE net ‘n klomp onbekende gesigte wat jy net van tyd tot tyd sien NIE….
Regte vriende en opregte mense met dieselfde waardes is en word gekweek, in ons ongelooflike lekker Chapter; opreg dankbaar vir elkeen wat ons pad gekruis het die afgelope dekade of wat!

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"