H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

Natal Mini Touring Rally ABW 2016

Date: Apr 26, 2016

Location: Natal Midlands

16 HOG Limpopo lede het Africa Bike Week 2016 bygewoon! 12 Lede met 6 Harleys het die onvergeetlike Natal Mini Touring Rally ROETE gery, want dit het meer oor die Roete gegaan as ABW self vir ons Lede – Pretoria; Clarence; Nottingham Road; Margate; Chrissiesmeer. 2 Tzaneen Harleys 2,371 kilometers elk; 4 Polokwane Harleys 2,329 kilometers elk; geen voorvalle en veilige kilometers, dankbaar. Le Roux; Steenkamp; Pretorius; Naude; Liebenberg en nuwe lede Butch & Charmaine Martens, ry die mooi roete. Faantjie & Hannelie Pretorius; Martin & Magda Botha kry ons daar – wat ‘n heerlike tyd!!  Hiermee mooi terugvoer vanaf nuwe lede, Martens -

As nuwe lede van die HOG Limpopo Chapter het ons, Butch en Charmaine, besluit om die Natal Mini Touring Rally, Africa Bike Week 2016 by te woon, en het glad nie geweet wat om te verwag nie.

Op 26 April vertrek ons saam met Andre en Tina net na 1 uur na Pretoria om die res van die groep te ontmoet, Ben, Dina, Johann en Linda het al douvoordag gery om hulle “bonies” te laat diens . Die Tzaneen groep Leon, Marina, Stephan en Eleanor het  na 2 uur uit Tzaneen gery  en het  donker in Pretoria aangekom, hulle was dan ook die enigste mense wat lekker nat gereën het (julle verdiende loon omdat julle so laat wou ry HA HA!!)  Die belangrikste is dat almal veilig aangekom het en natuurlik lekker honger was. Ons het by Koi, ‘n baie “nice” restaurant gaan eet en ek en Charmaine het sommer gou gevoel of ons almal lankal ken - so lekker het ons gekuier.

Die volgende oggend 8 uur was ons almal in volle glorie, behalwe vir Ben en Dina wat via Kroonstad gery het, oppad Clarens toe om gou hallo te gaan sê vir hulle Moeder. Die res van ons het groot groepe Harleys langs die pad gekry.  Dit gee mens sommer hoendervleis as jy so ‘n groep Harleys  sien wat in gelid ry.  Dan besef jy waarom ‘n Harley Davidson ‘n mens so goed laat voel, maak nie saak wat wie sê nie.  By Villiers het ons van die snelweg afgeklim om met die sekondêre paaie te ry wat darm redelik rybaar was as mens in ag neem die onderhoud is nie meer wat die moet wees nie.  Dit bly maar ‘n lekker gevoel om rustig deur die “country side” te ry.  Sonder om af te spreek kom ons en Ben hulle op presies dieselfde tyd in Bethlehem aan (hoe is dit vir time management!) waarna ons almal saam Clarens toe gery het en sommer eerste by die Duitse bier brouery gestop het. Hier het ons ‘n goeie “job” gedoen  om die local bier te toets, terwyl die vrouens bietjie die winkels gaan verken het om te sien wat Clarens bied.  Met hulle terug keer en wat gevoel het soos 5L bier later, het ons lekker gesnack aan kaasplatters en German sausages waarna almal hotel toe is, behalwe vir my en Charmaine wat vir vriende van ons gaan kuier het en dan ook die aand daar oorgeslaap het.  

Die volgende dag was ons laat- ek het gedag hier kom ‘n starf dop - maar dit lyk my die groep het my jammer gekry en dit oor gesien (ek was nogal terleurgesteld).  Ons het die Golden Gate roete gery na Nottingham Road in die Midlands wat vir my die mooiste deel van ons roete was en die aand het ons weer baie lekker gekuier.  ‘n Paar van ons het die aand Kerrie geëet met ekstra rissies en dit het die manne vir ‘n paar dae op hulle tone gehou (as jy verstaan wat ek bedoel).  Die volgende dag, na nog ‘n lekker “ride” het ons in Margate gearriveer waar ons afgepak het en toe by die HOG hospitality tent bymekaar gekom het vir ‘n paar biere voordat ons later die aand by Larry’s gaan eet het.  Botha & Pretorius het saamgekuier.  Dit was hier waar ons Tequila ontdek het wat sekere manne in die “mood” gesit het om tot 3uur die volgende oggend te kuier.

Saterdag was reënerig en almal was gelukkig om die dag net te “chill” en rond te loop. Hierdie jaar was daar maar min uitstallers in vergeleke met vorige jare maar dit was nie regtig waaroor dit vir ons gegaan het nie; maar eerder oor die “ride itself”. Sondag 7uur het ons weer die pad gevat huistoe en die slag was daar ‘n lang ‘stretch’, oor die 700km, na Chrissiesmeer.  So 150km voor Chrissiesmeer het die tempratuur baie gedaal en was dit so koud dat ons letterlik gebewe het, maar die akkommodasie was weereens eerste klas met ‘n lekker warm kool stoof wat vir ons gewag het by die restaurant. Dit was so lekker om voor die stoof te ontdooi en ons het so lekker gekuier asof dit nog die eerste aand was. Soos dit ons betaam, het ons die aand afgesluit met ‘n lekker Tequila. Na ontbyt die volgende oggend het ons by Carolina brandstof ingegooi en vir Leon, Marina, Stephan en Eleanor gegroet  wat kort daarna afgedraai het Tzaneen toe. Die middag het almal na ‘n uitstekende week veilig by die huis aangekom en afgesaal.

Dit was die beste ‘trip’ wat ons nog op was en ek moet vir Johann en Linda baie krediet gee op die manier waarop hulle die reëlings bymekaar gesit het.  Die roete, akkommodasie, eetplekke, “stopovers” en uitkyk punte was alles perfek gekies en gereël.

Baie dankie aan almal wat deel was om die “trip” moontlik te maak;  ons het dit baie geniet en goeie vriende gemaak.

Kan nie wag vir die volgende een nie!!

Butch & Charmaine Martens

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"