H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

Bushveld One Nighter

Date: Aug 06, 2016

Location: Maroela TreeTop Lodge, Dinokeng, GT

Ons RY oor die afgelope naweek was weereens FANTASTIES! Dankie aan al ons lede wat saamgekom het…..weereens die lekkerste lag-tye saam met julle…..  ‘Tafelkop’ & Tequila!
Ons roete het ons groep geneem op die N11, Marble Hall se kant toe, by ‘n lekker stop plek aangedoen, aanbeveel deur Jan Oosthuizen, dankie Jan!  Vandaar met die R573 en toe afgedraai na Rust de Winter op die Dinokeng pad – baie interessante pad om te beskou vanaf ‘n Harley….  Terug het ons ‘n heerlike brunch by Toeka se Dae geniet en met die ou pad gery – 740 km vir Tzn Harleys en 540 km vir Ptg Harleys, met slegs R15.00 spandeer aan tolgeld op ons roete heen en weer!  En die beste van alles is….hierdie tyd van die jaar het ons in Limpopo, die heerlikste ry-weer….

Ons is hartlik en persoonlik verwelkom deur Shane & Linda van den Berg, eienaars van Maroela TreeTop Lodge, en wat ‘n skat in die Dinokeng area!!?  Dankie Dina, dat jy saam met my na die plekkie gaan soek het, dit word waardeer en het ons Chapter perfek gepas – slegs 400m mooi grondpad, klein en persoonlik, die hele venue net ons sin!  Goeie akkommodasie, baie gerieflik en baie billik geprys.  Die steaks was uit die boonste rakke…..ons aandete ‘n treffer, en so het ons tot laat aand om die vuurtjie gesit en gesels, soos ou Harley vrinne doen.  Ons maak verseker weer so!!!

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"