H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

Spring Festival, Magoebaskloof

Date: Oct 02, 2016

Location: Haenertsburg Spring Festival

Elke keer wat mens op ‘n one/two nighter of ‘n outride gaan, is daar ‘n lekker storie om te vertel wat jy nie gou gaan vergeet nie! Kathleen Breytenbach skryf vir ons die volgende oor ons outride ervaring GISTER…..

Harley ‘moments’ is nooit vervelig nie! Dit het ons weereens besef met Sondag, 2 Oktober 2016 se Breakfast Run na Haenertsburg.  Ons was 4 motorfietse; Linda & Johann Liebenberg, Charmaine & Butch Martens, Bach & Kathleen Breytenbach en Hendrik Blignaut. 

Oppad Haenertsburg toe kon ons die vars lug in asem, die brul van die motorfietse waardeer, die kleurvolle bloeisels en groen natuur bewonder. Die stres van die week se gejaag het vinnig verdwyn!  Na ‘n heerlike ligte ontbyt by Minki’s het ons deur die Spring Festival se stalletjies gedrentel en geproe aan die gourmet bokmelkkaas, Litchi Likeur en ook die lekkerste Gin ontdek.

Van Haenertsburg af het ons ‘n stop gemaak by die Pot & Plow vir ‘n lekker drankie en knoffel focaccias.  Oppad terug het ons vinnig met Moeder Natuur te doen gekry. HAEL! ‘n Eerste vir die meeste van ons op die Harleys! Wat ‘n belewenis! Eina! Hael is soos ‘n sweep wat piets – oral oor. Lag en skree gelyk!!  Benoude oomblikke! Ons is veilig daardeur en kan dit nou ook op ons “done IT” lysie sit.  Weereens was dit ‘n onvergeetlike tyd saam op ons Harley Davidson met HOG Limpopo Chapter.

Baie dankie Kathleen Breytenbach, ons kan elke woord be-aam!!  Dit was ‘n Ongelooflike Natuur Ervaring!  Almal se groot Blou-kolle getuig daarvan!!  ;-))

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"