H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

2017 05 1-13 Skeleton Coast Touring Rally

Date: May 01, 2017

Location: Namibia & Botswana

I FEEL BAD FOR THE PEOPLE WHO NEVER GO CRAZY

Dag 1 - 30 April 2017; 454 km
Dendron & Tzaneen – Rustenburg en Tzaneen – Polokwane
Jippie, ons is oppad na Namibië met ons Harleys! Vir die volgende 2 weke gaan ons meer as 5 000 km ry. Zeerust, Kang Botswana, Windhoek, Swakopmund, Walvisbaai, Tsumeb, Etosha, Caprivi, Kasane ... en dit op ons Harleys!
Bach & Kathleen en Harry & Karen ry tot in die Rustenburg omgewing en oornag by familie en vriende.
Mike & Hester en Marius ry tot in Polokwane en Johann en Linda reel vir die groep ‘n Pork Belly braai as Geesvang voor ons vertrek.

I'D RATHER BE A BIKER FOR A MINUTE, THAN A SPECTATOR FOR A LIFETIME.

Dag 2 - 1 Mei 2017
Rustenburg – Zeerust; 131 km of Polokwane – Zeerust; 485 km
Die lug is helder blou, die sonnetjie skyn lekker en ons Afrika Bos is mooi. Ons is 11 Harleys & 1 Ondersteunings-Bussie. Die klank van brullende enjins sing op die teerpad. By Groot Marico stop ons vir ietsie koud om die dors te les. Deur Zeerust se besige hoofstraat moet ons kalm bly vir kamakaze minibus entrepreneurs. By Avanti, net buite Zeerust, kom ons tot ruste en kuier gesellig om ‘n vuurtjie terwyl die manne skaaptjops en boerewors braai. Dis lekker of om deel van HOG Limpopo Chapter te wees!

Dag 3 - 2 Mei 2017
Zeerust – Kang (Botswana); 426 km
Vroeg oggend het Avanti Lodge se hoenderhaan ons wakker gekraai. Ons is vinnig deur die grenspos en ons 11 Harleys kon die oop pad neem. Wat ‘n lekkerte! Plek-plek was plate geel veldblomme, baie donkies, wilde perde en beeste. 'n Waaghalsige volstruismannetjie het groot opwinding veroorsaak toe hy al saam met die Harleys gehardloop het en ewe skielik tussen 2 Harleys oor die pad nael. Om en by elke 100 km het ons gestop, bene gerek, ietsie kouds gedrink en gesellig verkeer. Vanaand slaap ons in Kang.

Dag 4 - 3 Mei 2017

Kang (Botswana) na Windhoek (Namibia); 710 km

Nog voor die son opgekom het, het ons die pad deur Botswana na Windhoek aangepak. Dit was briesend koud! Teen 8 uur het die sonnetjie darem hitte begin bring. Een van die baie slaggate het een van ons Harleys beskadig. Gelukkig kan dit herstel word.  Ons is weer vinnig deur die grens na Namibië.  Altesaam het ons noual ongeveer 1 678 km gery met ons Harley Davidsons. En glo my elke kilometer is pure lekkerkry! Vandag alleen was 710 km. Op 'n Harley is dit die moeite werd. Ons sluit die aand af by die wêreld bekende Joe's Beerhouse. Drink Kleine Kleine Cherry Likeur en eet Eisbein!

Dag 5 - 4 Mei 2017
Windhoek – Swakopmund; 373 km
Namibië is pragtig! Voor Okahandja drink ons lekker koffie. By Usakos eet ons die lekkerste suurlemoen meringue tert. Nou begin ons semi woestyn kry met die Spitzkoppe in die verte. Die Harley se temperatuur indikator wys dis 39'C. Ons ry uiteindelik Swakopmund met sy palmbome binne. Vir die volgende 3 dae is Alte Brucke, reg langs die blou Atlantiese Oseaan ons tuiste.  By die Skeleton Coast Rally se tent registreer ons en kry elkeen ‘n baie oulike ‘goodie bag’! Ons sluit die aand af met yskoue wyn en lekker seekos by Pier 1905 op die Swakopmund Kaai.

Dag 6 - 5 Mei 2017
Swakopmund; 75 km
Wat ‘n belewenis! Harleys vanaf Limpopo, Kaapstad, Durban, Pennington, Bloemfontein ... heinde en verre ry in ‘n ‘mass ride’ van Swakopmund na Walvisbaai. Aan die eenkant die woestyn en aan die anderkant die blou see. Wat ‘n voorreg!  Ons middagete is by The Raft in Walvisbaai se hawe en is ingesluit by die Rally, heerlike Schnitzels en Calamari met yslike aartappels….

Dag 7 - 6 Mei 2017
Swakopmund; 100 km
Ons kuier by Windpomp 14 tussen Swakop & Hentiesbaai by Myl 14 op die see. Drink Amarula koffie, baie wyn & eet vis en/of calamari & properse weskus chips. Die lekkerste ‘live’ musiek speel en Limpopo Chapter bly natuurlik tot heel laaste! Later ry van ons na Duin 7 en ervaar die woestyn wind en sand behoorlik. Die Skeleton Rally sluit af met ‘n heerlike braai op die strand. Môre is ons oppad na die noorde!

Dag 8 - 7 Mei 2017
Swakopmund – Tsumeb; 565 km
Na ontbyt groet ons die koel seeluggie van Swakopmund. Die hitte tref ons vinnig hoe verder weg ons ry. By Usakos koop ons liplekker droë wors. Middagete is KFC op Otjiwarongo. Die pad is besig met mense wat Windhoek toe gaan na die naweek. Hoe nader ons aan Tsumeb kom verander die natuur. Die Otavi berge, kameeldoringbome & savanna gras is pragtig.
Nou het ons al 2 800 km gery. Ons is so dankbaar vir elke veilige kilometer. Ons slaap vanaand in Tsumeb by die Minen Hotel.

Dag 9 - 8 Mei 2017
Tsumeb – Etosha; 96 km
Wat ‘n ongelooflike dag!!!  Vanoggend het ons ‘n vinnige draai by die Tsumeb Museum gemaak na ontbyt. Daar is ‘n baie goeie uitstalling van die Duitse Schutztruppe se artillerie en die geskiedenis van Tsumeb myn. Daarna was ons by die Otjikoto meer wat ‘n natuurlike sinkgat is. Toe is ons na Emanya @ Etosha. Dis n pragtige lodge! Ons wildsrit in Etosha Park was n belewenis en groot pret. Die hoogtepunt was toe n jagluiperd n rooibok bekruip het. Die Afrika sonsak was asemrowend mooi en ons kon almal rustig n glasie wyn geniet en Afrika inneem en opreg waardeer.

Dag 10 - 9 Mei 2017
Etosha – Rundu; 418 km
Die pad van Etosha na Rundu was lank en warm. Ons stop naby Mgunya en drink ietsie koud by ‘n regte cooka shop. Die enigste toilet daar was ‘n "long drop" wat gelukkig skoon was. Naby Rundu sien ons die grashutte van die plaaslike bevolking, die vars visse wat hang teen takke en vroue wat stap met kanne water. Ons slaap by Kavango River Lodge reg langs die Kavango Rivier. Pragtig sonsondergang! Die aand braai Johann en Bennie lekker skaapribbetjies, spesiaal aangekoop vir ons in Swakop by Namakwa Slaghuis. Ons eet braaibroodjies, koolslaai & soetmielies alla Harry.

Dag 11 - 10 Mei 2017
Rundu – Kasane; 648 km
6 uur voor sonsopkoms is ons oppad. Vandag is ‘n lang pad. Dis bibberend koud. Ons stop om ons ontbytpakkies te eet - appels, hard gekookte eiers en vars kaasbroodjies. Die sonnetjie kom op en gou kry ons warm. Naby Katimo Malimo bars ‘n band van ons "support vehicle" se waentjie. By die grenspos verloop alles glad en vinnig. Ons ry deur die Chobe. Wat ‘n belewenis! Op ‘n Harley sien ons olifante. Vir die volgende 2 dae is ons in Kasane by Kubu Lodge langs die Chobe rivier. Rustige plekkie, met bosbokkies wat loop tussen die chalets.

Dag 12 - 11 Mei 2017
Kasane Botswana
Vandag rus ons. Harleys word gewas. Party gaan vir n lekker spa massering. Ander verken Kasane. Die middag gaan ons almal op n boot-rit op die Chobe rivier. Wat ‘n lekker bederfie! Ons sien visarende, baie seekoeie, baie krokkodille, visvangers, olifante ... Die sonsondergang is weer pragtig!

Dag 13 - 12 Mei 2017
Kasane – Palapye; 660 km
Vroeg op vir ons DERDE Sunrise Monster op ons trip. Dis bitter koud op die bikes. Die pad tussen Francistown en Nata is met ‘potholes’ besaai. Ons ry versigtig en almal kom veilig deur. Vanaand slaap ons in die Majestic Five Hotel. Na ‘n lekker stort, kuier ons vir oulaas lekker saam om ‘n laaste aandete tafel. Môre is die laaste deel en gaan almal huis toe, mens kan dit bykans nie glo nie….

Uit en tuis by die huis!

5 295 km deur Botswana na die Skeleton Coast Rally in Swakopmund via Tsumeb, Etosha, Rundu, Kasane & weer uit by Botswana met ons Harley Davidson motorfietse. 10 motorfietse, 1 ondersteuningsvoertuig, 17 wonderlike vriende! Kosbare oomblikke wat altyd by my sal bly. Dankbaarheid vir geleenthede en veiligheid. Weereens het ek besef dat Afrika pragtig is EN dat ek nou maar net ‘n Harley girl is! Dankie Bach Breytenbach, Johann & Linda Liebenberg, Harry Kruger, Karen Kruger, Mike & Hester van der Spuy, Bennie & Corneli Groenewald, Ben & Dina Pretorius, Benhardt & Charmé Steyn, Marius Swanepoel & Henning de Jager , Johan Theron (gas) - vir memories forever!!

Uit die pen van Kathleen Breytenbach

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"