H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

2017 08 18 Polar Bear Two Nighter

Date: Aug 18, 2017

Location: Le Grand Chateau, Parys

11 lede met 5 Harleys woon hierdie two nighter by, ons Polar Bear na Parys, waarvoor baie lede gevra het!

Dit was 'n voorreg om saam met Florence Schempers te kuier vir haar laaste naweek in SA....Ons hou vir Ben op sy Harley....Engelvlerke vir jou Flowers!!

Florence skryf vir ons Chapter as volg:

"Ons vertrek Vrydagoggend so halftien vanaf Polokwane, opgestop soos Orosmanne, gewapen teen die klein kouefront wat ons verras het op ons Polar Bear. Liebenberg, Schempers, Naude en Martens vertrek en die Oliviers hak by Potties aan. Irma sluit in Warmbad aan en ons drink 'n warm koffie om te ontdooi. Ons arriveer laat middag in 'n stil en verlate winterwit Parys. Aandete by O's na 'n sundowner, oortref ons grootste verwagtinge en ons lag ons kopspiere af!!
Saterdagoggend stap ons oor na Plumtree vir 'n ontbyt vol nostalgie en almal vaar die strate in. So 12 uur kom laai Simon ons in sy Buthle Buthle taxi op en vertrek ons na die Dog & Fig Brouery en ons lag en kuier die NoordWes aan die brand. Die man drink 'n gat in die Aardige Ale Vat. Dit was die treffer van die dag! Daar het ook 'n Tequila of twee rond geval... Vandaar verkas ons na Pickled Pig se kroegie om die rugby te kyk en glo my...... hulle het die groepie Harley mense geniet.
Soos Linda se: Harley girls do not need freshing up, we are fresh!
So steier ons direk van daar af na Hoi Poloi en stoot en trek mekaar teen 'n trap op wat eintlik 'n leer is. Wat 'n smaak sensasie..... om nie eers van die Wyn te praat nie......
Ons eet Sondagoggend gou 'n ligte ontbyt en skiet weg terug huistoe. Heerlike ryweer en voorspoedig, kom ons by Mustang Sally in Pretoria aan. Dit was die perfekte manier om 'n fantastiese naweek af te sluit.

Dit was so lekker om my laaste naweek hier saam met wonderlike mense te vier. Dankie aan Linda vir puik reelings.
Ek is nou weer in transito.......gaan julle outjies en hierdie fantastiese land mis!!"

 

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"