H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

2017 11 11 Viking Year End Function

Date: Nov 11, 2017

Location: Magoebaskloof Mountain Lodge

A true Viking Gathering where there was Rebelling and Entertainment from twilight till late nocturnal hours,

according to the enjoyment and wilful pleasures by the gathered.  Calling ALL Vikings!!!

Ag nee…..rêrig!!  Ek weet nie wat om te sê vir die lede wat nie daar was om in ons Jaareind Funksie te deel nie….? Aan die lede wat wel daar was…..julle sal verstaan hoe ek voel…..  Die Gees waarin ons die afgelope naweek gedeel het, was net onbeskryflik! Al ons pragfoto’s geneem deur Rachel Sonntag is gelaai op ons www.hog-limpopo.co.za en die persone wat Facebook het, gaan gerus na HOG Limpopo Chapter # 9939 en Like ons bladsy!  Ons foto’s verskyn ook daar vir jou gerief!

Die kuier het sommer al vroeg-vroeg al begin met die regtrek van ons venue by Magoebaskloof Mountain Lodge (die ou Ruskamp). Van hier het ons almal bymekaar gekom by Lekwar waar ons Marius Swanepoel ingewag het op sy spesiale verjaarsdag saam met ons! Lekker geeet by Frans, eienaar van Lekwar, wat baie moeite vir ons gedoen het met sy lekker ligte middagetes.

Ons het ‘n draai gaan maak by Magoebaskloof Hotel waar HOG Johannesburg hulle 1,000 kilometer Harley ryers ingewag het!  Toe moes ons bietjie rus….maar Almal het nie gerus nie want daar was allerlei afleidings beskikbaargestel !!  ;-))

Die aand om 6nm brand die vreugde-vure hoog, die Tequila loop 2-2, die musiek gee die toon aan vir ‘n aand vol groot kuier!! Almal wat aankom lyk FANTASTIES!!  Ons beleef ‘n Harley Viking Jaareind 2017 wat ons vir nog baie lank gaan onthou….groot dankie aan elkeen wat uit sy/haar ‘comfort zone’ geklim het, binne in ‘n ander mileu in, waar ons almal net onsself kon wees! Magoebaskloof se Jacques en Rene het uit hulle pad gegaan om alles so gerieflik moontlik te maak….die kos en diens gelewer, was met keur en geur! Jesse Witchel se musiek was so gepas en hy het bekende items gespeel tot die laaste ou waai! Selfs die WEER het saamgespeel en het ons saam gesing en gedans in die mistigheid van Magoebaskloof….ai, dit was so spesiaal.

Hiermee net weer spesiale melding en dank aan:

•          Ben Schempers vir die hout geskenk;

•          Die Breytenbach’s vir die heerlike groot biltong- en droeëwors pakkies;

•          Carla Oosthuizen vir die nagereg koekies;

•          Rachel Sonntag se fantasie foto’s vir ons Chapter;

•          Almal wat met voertuie deurgekom het om items aan te ry en terug te ry;

•          Almal wat gehelp het met items geleen en geskenk aan HOG Limpopo as décor;

•          Almal wat fisies gehelp met die opstel van die dag se sukses;

Ons het ‘n glasie geklink op van ons geliefde lede se lewens…..Sous wat nie meer in ons geledere is nie; Florence wat in ‘n vreemde vêr land sit; en Pieter Rautenbach wat nog ‘n kans gegun is en saam met ons hier die lewe kan vier!  Ten spyte van hierdie omstandighede het Ben Schempers en Pieter & Amanda steeds hulle weg oopgevind om saam met ons hierdie Kalender Item deur te bring….met Goeie Vriende!  En Marius wat verjaar het, het dieselfde besluit….wat ‘n voorreg is dit vir ons klomp! 

Baie geluk aan TINA NAUDE as Best Dressed Lady en BEN SCHEMPERS as ons Best Dressed Man!  Julle verdien die krediet!

Dankie aan Andre Naude wat talle lede gehelp het met hulle uitrustings en toerusting, wat so gepas was die aand.  Jy is werklik kreatief!

Dankie aan elkeen wat deel was van ons 2017 Viking Jaareindfunksie…..jou ondersteuning en lojaliteit word baie waardeer!!!  31 Lede woon by.

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"