H.O.G. ® Limpopo Chapter #9939

 Events Feedback

Word Ride One Nighter, 11 Passes (27 - 28 June 2015)

Date: Jun 27, 2015

Location: Graskop, Mpumalanga

12 Harleys; 18 Lede het oor die hoogste berge gery, deur die diepste valleie, verby watervalle, riviere en strome, woude en plantasies!  Heerlike vars oggende met dae wat perfekte ry-weer opgelewer het, presies die voorreg wat ons hierdie tyd van die jaar het in ons area!

Alles het 100% uitgewerk soos Benhardt vir ons beplan het – baie dankie Benhardt vir jou detail reëlings!  Ons almal het dit ongelooflik geniet.

Saterdag - 27 Junie vertrek ons om 7:00 - Polokwane bikes vertrek vanaf Shell Bendor na Tzaneen via die Magoebaskloof pas.  Ons sluit aan by Tzaneen bikes vir ontbyt by die Blue Bell Guest House in Tzaneen.  Vertrek na Orighstad via Abel Erasmus pas.  Vertrek na Lydenburg via Veraaiersnek pas.  Vertrek na Sabie via Masjiennek pas & Long Tom pas & Koffiehoogte pas.  Heerlike middag ete word by The Woodsman in Sabie geniet.  Vertrek na Hazyview via Bergvliet pas, shop leke en drink ‘n ietsie waarna ons vertrek na Graskop via Kowyns pas.  Oornag in die Graskop Hotel en geniet ‘n heerlike Portugese aandete by Canimambo Restaurant…. ons kan regtig hulle prawns aanbeveel!!

Sondag - 28 Junie vertrek ons na Orighstad via Bonnet pas & Robbers pas.  Daarna na Tzaneen via Three Bridges waar ons stop vir ‘n ietsie.  Middag ete by Crawdaddy's, Tzaneen waar ons die Tzaneeners groet en vertrek die Polokwane bikes huis-waarts via George's Valley pas.

Benhardt het reeds ons kilometers ge’log’ en kan ons Chapter spog met naby 1,000 kilometers afgelê as ons aandeel aan hierdie wêreld-wye-ry!  Die totale kilometers gery dwarsoor die wêreld staan nou op 11,879,113 kilometers!!!  Well done en DANKIE aan al ons lede wat saamgery het – ons het almal ons Word Ride Certificates ontvang via e-pos!

Dis lekker as lede moeite doen om saam te ry, veral as daar soveel moeite en beplanning vir jou as lid gedoen word, deur ons mede-lede…..

 Calendar of Events

 View Full Calendar

 Get In Touch with Us

  • H.O.G.® Limpopo # 9939
  • Linda Liebenberg
  • Secretary
  • Mobile:  +27 83 628 3134
  • Fax:      +27 86 668 3134
  • Email:    linda@eden-fruit.com
  • P.O. Box 815, Bendor Park, Polokwane, 0713
  • South Africa

Luis Da Silva

Consumer Experience & H.O.G. ® Regional Manager - MEA Region  (Middle East & Africa) H.O.G. ® Global & Skills Rider Instructor

HD Motorcycles Low Res

 

HARLEY-DAVIDSON DMCC  &  HARLEY-DAVIDSON AFRICA (PTY) LTD Middle East & Africa (MEA)

Jumeira Lake Towers, Cluster O                |          Unit 3 & 4, Ibis House,

Reef Tower, 11th Floor, Unit 1102                         15 Oxbow Crescent, The Estuary Precinct,

Dubai, United Arab Emirates                                 Century City, Cape Town, South Africa

UAE Mobile: +971 52 687 0659                             South Africa Mobile: +27(0) 82 890 0749

Email: luis.dasilva@harley-davidson.com

luis.dasilva@harley-davidson.com         

www.harley-davidson.com

"Encouraging pride of Harley ownership and fellowship amongst H.O.G. members"