Ride. Reflect. Inspire.
Captain's Corner
From our Director
Samuel Meyer
Below is the HOG® Limpopo Chapter By-Laws, applicable to all HOG Limpopo Chapter members.
Road Captain
Johann Liebenberg
Hiermee skrywe vanaf die 2014 Direkteur van HOG Pretoria wat aanvaar word as 'n bylae tot ons HOG® Limpopo Chapter By-Laws:
Captain Ladies of Harley
Madel du Toit
En ook iets meer oor ons Ladies of Harley....
HOG ® Limpopo Chapter Ry-Reelings
Johann Liebenberg
HOG Limpopo ry-reelings soos bevestig en goedgekeur :
- Met elke HOG Limpopo Outride sal die ‘pack’ gelei word deur ‘n ‘leader’ en sal daar ook ‘n ‘sweep’ aangewys word.
- Die ‘pack leader’ sal of die Direkteur of die Road Captain wees of deur ‘n ander lid wat deur die Road Captain aangewys word.
- Voor elke ‘outride’ sal daar ‘n ‘sweep’ deur die Road Captain aangewys word.
- Die roete wat gevolg word asook stilhou en/of bymekaarkom punte sal met die ‘briefing’, deur die Road Captain deurgegee word aan die lede wat saamry.
- Die Road Captain en die Direkteur sal verantwoordelik wees om seker te maak dat alle lede by die stop punte aankom en dat daar nie vertrek sal word alvorens alle lede wat saamry opgedaag het by die versamelpunt nie.
- HOG Limpopo, as ‘n betreklike klein Chapter, is geensins gemagtig om enige amptelike ‘marshalling’ te doen nie.
- Geen verkeersregulering by stop en/of kruispaaie of enige ander verkeerregulering word toegelaat nie.
- Dit is eerstens onwettig om verkeersregulering te doen.
- Tweedens het ons geen versekering wat ons dek ingeval van ‘n ongeluk wat mag plaasvind as gevolg van verkeersregulering deur ‘n ongemagtigde persoon nie.
- As ‘niche’ en relatiewe klein Chapter is ons Road Captain en Safety Officer een lid van ons Chapter.
- Vir ons is dit belangrik om by motors verby te gaan en nie die teenoorgestelde nie.
- Ons hou by die spoedgrens en ons land se verkeersreëls.
- Handseine word deurgegee van voor na agter.
- Wanneer ons in 'n 'pack' ry, hou die Harley agter jou die hele tyd in jou spieeltjie. Indien jy die Harley agter jou NIE kan sien NIE, ry stadiger tot jy die persoon weer kan sien. Indien almal dit doen, 'stagger' ons in die proses almal na agter en bly die 'pack' dus bymekaar.