Harley Owners Group

Loading...
Sharing Our Experiences
Events Feedback
2026 03 22 Outride Coach House
Coach House Tzaneen
Oh what fun!!
22
Mar
2026
2026 03 22 Outride Coach House
Coach House Tzaneen
22
Mar
2026
Oh what fun!!

15 lekker mense kry mekaar by Coach House Tzaneen - 'n ou juweel met goeie herinneringe.

Die beste van Harley vriende is dat mens ALTYD lag!

Ons 8 wat Harley ry vanuit Polokwane kry meer mis as reen en dit is heerlik koel die hele dag.

Dankie aan Samuel vir die eet reelings en Johann, vir ons ry-reelings.

Onthou, ALMAL met 'n Harley (voorheen of tans) is genooi!  Tot 'n volgende keer.

2026 02 14 Valentyn Outride
Groblersdal
Heerlike ry-weer!
14
Feb
2026
2026 02 14 Valentyn Outride
Groblersdal
14
Feb
2026
Heerlike ry-weer!

Samuel Mariana, Nico Trudi, Johann Linda vertrek op 'n heerlike koel oggend na Groblersdal.  Koffiestop by The Ranch.  Plankie-steak stop by die Roedtan Hotel!  Veilige rit tot by ons Gastehuis Familia.  Vinnige uitry na The Bridge Pub & Grill vir iets koels.  Kuier en eet die aand heerlik met Harley Valentynsvriende en die Van Niekerks sorg vir koffie, soos altyd!

Na 'n vol ontbyt, vertrek ons en almal is weer veilig tuis.

Dankie vir 'n heerlike One Nighter in die maand van die Liefde!

2026 02 01 AGM HOG LIMPOPO CHAPTER
Pietersburg Golf Klub
WEES TEENWOORDIG OF STUUR JOU PROXY
01
Feb
2026
2026 02 01 AGM HOG LIMPOPO CHAPTER
Pietersburg Golf Klub
01
Feb
2026
WEES TEENWOORDIG OF STUUR JOU PROXY

WEES TEENWOORDIG OF STUUR JOU PROXY AAN ONS SEKRETARESSE

2025 11 29 JAAREINDFUNKSIE IN GRIEKELAND
Broadlands Polokwane
Onse Griek
29
Nov
2025
2025 11 29 JAAREINDFUNKSIE IN GRIEKELAND
Broadlands Polokwane
29
Nov
2025
Onse Griek

'n Ongelooflike GROOT DANKIE aan Nico & Trudie van Niekerk vir hulle huis waar ons as Harley vriende baie welkom gevoel het.

Net so 'n ongelooflike GROOT DANKIE aan Steve & Gaynor wat ons spyseniering behartig het.  Alles wat voorgesit is, was uit die boonste rakke.

Dankie aan almal wat hierdie spesiale funksie vervolmaak het met jou teenwoordigheid.  Dit was regtig spesiaal!! 

2025 09 12 Cowboy Town Two Nighter
Silverstar, Krugersdorp and The Cock and Bull
Two Nighter
12
Sep
2025
2025 09 12 Cowboy Town Two Nighter
Silverstar, Krugersdorp and The Cock and Bull
12
Sep
2025
Two Nighter

12 Lede woon hierdie uitsonderlike ry en kuier by wat deur Trudie van Niekerk gereel is!

Great mense, great plekke en great ervaring!  Dankie vir almal wat saamgery het.

2025 08 17 Outride Pot 'n Plow
Pot 'n Plow, Magoebaskloof
Outride
17
Aug
2025
2025 08 17 Outride Pot 'n Plow
Pot 'n Plow, Magoebaskloof
17
Aug
2025
Outride

8 Harley eienaars ry en kuier saam in die berg!

2025 07 13 Outride Olifant Oasis
Olifant Oasis Mookgophong
Outride
13
Jul
2025
2025 07 13 Outride Olifant Oasis
Olifant Oasis Mookgophong
13
Jul
2025
Outride

18 persone woon hierdie Outride by met 8 Harleys en 'n backup voertuig.  Heerlike dag met heerlike mense!

Donderdag se Social was 'n heerlike kerrie aand met Padaya Chee's Curry Den wat vir ons samoosas en lambskerrie kom voorberei en bedien het!  Uit die boonste rakke heerlik.  

Dankie vir alle betrokkenes se reelings vir ons Chapter, groot waardering.

2025 06 21 Seek the Sun One Nighter
Blyde Mountain Country House, Hoedspruit
Seek the Sun One Nighter
21
Jun
2025
2025 06 21 Seek the Sun One Nighter
Blyde Mountain Country House, Hoedspruit
21
Jun
2025
Seek the Sun One Nighter

Heerlike ry-weer het gesorg vir 'n wonderlike ry-geleentheid!

10 persone vertrek uit Polokwane en ontmoet 5 Tzaneen vriende op die pad na Hoedspruit.  Ons doen aan by The Hoedspruit Brewing Co vir 'n lekker middagete.  Ry verskillende paaie om by Blyde Mountain Lodge bymekaar te kom vir insettle en 'n groot kuier en 'n nog groter vuur, tot lekker laat!!  Annie Scholtz van die Lodge het uit haar pad gegaan om die Lapa Steak Braai vir ons ongelooflik lekker te maak.  Heerlikste paptert, broccolislaai en brownies was op die spyskaart, njam! 

Sondag oggend vertrek ons vir 'n goeie koffie by The Harvest House en geniet 'n great ontbyt by Three Bridges om ons naweek se ry goed af te sluit.

Dankie aan almal wat kon bywoon om dit weereens 'n wonderlike geleentheid te maak met fotos wat alles se! 

 

2025 05 18 Outride Louis Trichardt
Mountain Inn
Outride
18
May
2025
2025 05 18 Outride Louis Trichardt
Mountain Inn
18
May
2025
Outride

8 persone, 5 Harleys neem deel aan ons Outride Kalender Item.

Heerlike ry-weer met 'n great ete, kuier en samesyn soos altyd!

2025 04 13 Outride Selati Ruins
Selati Ruins
Our Road. Our Rules. Let's Ride!
13
Apr
2025
2025 04 13 Outride Selati Ruins
Selati Ruins
13
Apr
2025
Our Road. Our Rules. Let's Ride!

13 persone, 7 Harleys en 1 voertuig vertrek vanaf Seattle Coffee, Polokwane na Mugg & Bean, Tzaneen om 10 persone, 5 Harleys en 2 voertuie te ontmoet in die lowergroen Laeveld.

Dit is heerlik om almal weer te sien en die voorreg om saam Harley te ry, is tasbaar lekker.

Ons geniet ‘n heerlike middagete met goeie diens by Selati Ruins, Gravelotte, teen die Selatirivier.

Dankie vir elkeen se tyd om ons geselligheid by te woon en dat ons weer saam kon Harley ry - want dit is al wat ons eintlik wil doen.  Die weersiens was 'n GROOT lekkerte vir elkeen van ons teenwoordig.

Ons maak verseker WEER so!

2025 03 15 Show Stopper One Nighter
Emperors Palace
Super Troopers - ABBA, BEE GEES & ROXETTE
15
Mar
2025
2025 03 15 Show Stopper One Nighter
Emperors Palace
15
Mar
2025
Super Troopers - ABBA, BEE GEES & ROXETTE

14 Lede, 7 Harleys het Saterdag 15 Maart 2025 vertrek vanaf Seatle Coffee, Farm Yard.

Heerlike weer vir Harley ry!  Ons eet brunch by Ludwig's Rose waarna ons na die Peermont Metcourt Hotel by Emperor's Palace vertrek om 'n heerlike lafenis te geniet.

Aandete is voor die show by Braza.  Die show is aangebied by Barnyard Teater met musiek van ABBA, die BeeGees en Roxette!  GROOT FUN & DANCE!

Ons het baie uitgesien uit na 'n heerlike rit na Gauteng, 'n nice show en goeie kos en verblyf met Lekker Harley Vriende - en dit is presies wat ons gekry het!

Baie dankie aan Nico Trudie Samuel & Mariana vir julle lieflike reelings, ons het groot waardering daarvoor.

 

2025 02 15 Valentine One Nighter
Bushveld Terrace, Phalaborwa
Valentine One Nighter
15
Feb
2025
2025 02 15 Valentine One Nighter
Bushveld Terrace, Phalaborwa
15
Feb
2025
Valentine One Nighter

HOG Limpopo Chapter se Valentyn One Nighter 2025 –

Nog ‘n trip wat heerlike herinneringe gemaak het. 9 couples (18 Lede) het ons jaarlikse kalender-item bygewoon, en dit het selfs lede van die siekeboeg ingesluit wat met hul voertuig gery het om deel te wees van die samesyn.  Dis noem mens nou HOG Limpopo Chapter ondersteuning of wat !?

Ons verblyf was in die lieflike Bushveld Terrace teenaan die Kruger Nasionale Park se Phalaborwa-hek.

Oudergewoonte het ons lekker gekuier, gelag en geëet. Reëlings wat gemaak is deur Madel du Toit, ons nuutverkose Captain Ladies of Harley, was puik en ons is opreg dankbaar vir elke detail.  Benhardt se wens dat ons moet natreën het nie gebeur nie, alhoewel die weervoorspelling 80% kans vir reën voorspel het.