GROOT waardering vir Karin Coetzee, ons Captain Ladies of Harley, vir al die reelings rondom ons heerlike laaste outride vir 2022. Perfek net soos sy....dankie Karin.
Sondag oggend om 8 uur vertrek die Polokwane Harleys vanaf Shell Bendor na Tzaneen. Na ‘n vinnige stop vir cappucinos by die Padstal in Magoebaskloof ontmoet almal mekaar by Mugg & Bean in Tzaneen. Na ‘n kort en vae verduideliking lei Darron die pack uit Tzaneen en bereik ons die beplande bestemming na 60 min se ry. Dan volg ‘n heerlike kuier en ete by pragtige gedekte tafels onder groot koelte bome. Baie dankie aan Helgard & Darron vir hul reelings om die dag vir almal spesiaal te maak.
Vrydagaand ontmoet 'n paar Tzaneen Harleys mekaar by die Pietersburg Klub en daar word heerlike saam gekuier. Die groep vertrek almal vroeg na The Ranch waar die Polokwane Harleys en res van Tzaneen Harleys mekaar ontmoet. Die hele pack vertrek saam via die N1 na Naboomspruit waar daar vinnig gestop word vir bietjie rus en petrol. Die volgende stop is in Vaalwater waar daar bietjie langer gerus word. Vandaar is dit 'n kort rit na Die Poskantoor waar ons ingewag word met 'n welkom drankie en heerlike platters vir ete. Na 'n lekker lang kuier, vertrek die groep na ons eindbestemming in Ellisras. Met ons aankoms word daar vinnig afgepak en ontmoet ons mekaar by die swembad vir 'n wel verdiende afkoel. Die amptelike funksie begin om 18:00 en die dames het behoorlik geskitter met ons tema van Denim & Diamonds. Die aand het ingesluit 'n heerlike kuier saam met heerlike kos. Sondag-oggend, nie te vroeg, het die groep vertrek na Marken waar die dames jou waarlik nog shopping ook gedoen het! Na die kort rus vertrek die pack saam na die Butter Bistro op Mokopane. Sommige lede het mekaar daar gegroet en huiswaarts gekeer terwyl 'n paar bittereinders nog 'n gesellige ete & kuier saam gedoen het. Baie geluk en dankie aan die lede van Tzaneen area, wat vir die reelings vir 2022 se Jaareinfunksie verantwoordelik was.
21-23 Oktober – Friendship Rally
- Lede bespreek en reel self eie verblyf en bywoning
Nico Peyper en Karin Coetzee begin met reelings vir ons Valentyn One Nighter in Februarie 2022. Helgard de Villiers bring uitvoering daaraan.
Wat begin het as ons tradisionele Valentyn One Nighter (wat wreed in die wiele gery is deur Nico Peyer, ons voormalige Assistant Direkteur, se hartseer en ontydige afsterwe) is toe geskuif na 20 Augustus vir lekker warm weer (met sneeu op die Drakensberge!) en het die afgelope naweek se HOG Limpopo Chapter One Nighter na Pecan Manor, weereens bewys dat niks en niemand so ‘n great groep mense bymekaar, kan weerhou van pret, plesier en gemoedelike samesyn nie.
Die Tzaneeners het besluit die lewe is te kort vir slegs one nighters en het die naweek reeds Vrydagmiddag afgeskop deur by Pietersburg Klub te gaan oornag. Die res van die groep het mekaar vroeg-vroeg en in die ysige koue by Caltex, The Ranch ontmoet, waar Cindy en Hilton reggestaan het met ‘n glasie Old Brown Sherry.
Toeka se mense was teen tienuur se kant slaggereed met ‘n heerlike ontbyt vir die 13 fietse se opgewonde ryers. Want ja, dis waaroor die naweek eintlik gaan.
“It is not the destination, but the journey that matters”
Of jy nou vir die eerste keer Oupa en Ouma geword het (baie geluk Leon en Marina) en of jou nuwe fiets wou truuks uithaal op sy eerste rit (ons is so bly julle het dit gemaak Henning en Madel!), as die wiele uiteindelik rol, is almal daar! Want almal wat daar is, deel ‘n liefde vir Harleys en motorfiets ry.
Ons was almal aangenaam verras met die pragtige blyplek, lieflik tussen die berge. Saterdagaand se ete oorkant die pad by Plaas se Gat het vir sy eie pret en plesier gesorg (o ja, die kos was ook nie te sleg nie). Na ‘n heerlike ontbyt Sondagoggend by Pecan Manor, het ons instaan Road Captain, Darron, besluit om ons te bederf met ‘n stunning roete deur Harties, en gepraat van Darron, jou leiding van die pak is regtig uitstekend!
Nadat die groep mekaar op Kranskop met ‘n “Sien mekaar gou weer” gegroet het, het elkeen sy eie koers gekry. Behalwe vir die paar bittereinders (dieselfde langasems van Vrydagaand) vir wie Sondagmiddag veels te vroeg aangebreek het. Dit was ook hoeka alweer tyd vir ‘n peusel- en drinkdingetjie en daarvoor het die Butter Bistro in Potties deeglik gesorg.
‘n Vinnige Irish koffietjie by Magoebaskloof het die naweek se onbeskryflike lekker ry en kuier perfek afgesluit. Want ja, ons lede glo daaraan om die tyd uit te koop, ook die dat hulle eers skemer by die huis aangekom het.
Hoe is dit dan moontlik dat ‘n naweek, wat 6 maande terug met groot hartseer NIE kon gebeur nie, so ‘n groot sukses was, met baie gelukkige memories en waaruit ons (as motorfiets-liefhebbers) soveel genot kon put? Dit vat een, entoesiastiese persoon met ‘n oneindige liefde vir Harleys en sy mense, wat bereid is om sy tyd en organisasie-vermoeens te gebruik om so ‘n naweek te laat gebeur. Een vir die boeke!! As hy nog ‘n “sweeper” van formaat is, is dit ‘n bargain. Baie dankie Helgard vir puik reelings, waarsonder so ‘n naweek nie moontlik sou wees nie. Ons almal sien alreeds uit na die volgende een.
Dankie vir almal wat saamgegaan het, sonder julle is so naweek nie moontlik nie. Wat ‘n voorreg om deel te wees van die HOG familie by Limpopo Chapter!
Terugvoer geskryf deur Antoinette de Villiers
Benhard Steyn koordineer.
En so ontmoet ons mekaar almal op 'n ysige koue oggend by Caltex The Ranch, net buite Polokwane. Baie braaf, en dalk bietjie crazy, om die pad aan te durf Muldersdrift toe...maar wie gee om... ons is mos op ons Harleys...! Geen ysbeer gaan ons onderkry nie! (dalk het die soet slukkies so tussen die stoppe deur ook darem 'n bietjie gehelp om uit die ysbere se kloue te bly). Ons eerste groot stop was by Rafters om die Pretoria Chapter se ope dag te ondersteun. Na 'n koue lafenis, 'n bietjie shopping (juwele) en 'n ligte ete was weer op die pad na Riverstone Lodge. Daar aangekom was ons hartlik ontvang met 'n warm lafenis vir die koue en droee kele. Na 'n vinnige afpak is die pack weer op hul bikes na Gilroy's Brewery - man was dit nou 'n lekker kuier! Gilroy met sy unieke sin vir humor en die musikante, het vir baie vermaak gesorg. Terug by Riverstone Lodge, het 'n lekker warm kaggel en smaaklike aandete, ons ingewag. Nodeloos om te se, word ons die volgende oggend "warm" gegroet deur gevriesde harley sitplekke en petroltenks "onder" ys...maar 'n heerlike ontbyt het darem vir alles "opgemaak". Die pad terug huis toe het 'n laaste stop vir middagete ingesluit by Butter Bistro. Hierdie naweek was weer een vir die boeke!
‘n Heerlike ry-oggend oppad na Die Burger Meester in die Sterkrivier omgewing. Die goeie reens in die noorde het die natuurskoon van die Waterberge gekomplimenteer. Die 17 Harley Davidsons het hulle omtrent gate uit geniet met kronkelpaaie wat jou laat dink aan die heerlikste dans met die mooiste meisie. Dit was Gaynor, Steve, Jacques & Raschelle se eerste outride as nuwe lede.
Gereel en terugvoer verskaf deur Christa Olivier
It’s the wind in your hair! The calm before the storm. The polarising forces of being at one with the serene surroundings of the Mpumalanga scenic views, knowing darkened clouds are brewing on the horizon.
The night before usually intertwines itself with early bedtime and last minute “onthou lysies” (#Christa)
The excitement of riders, keeping one eye open for sunrise, wondering, what the road ahead will bring. It’s the feeling that manifest itself as goosebumps on the skin, and lifts the anticipation, to a level of crescendo (#Helgard), as a group of 18 proud HOG Limpopo members, hit the road.
We all gathered at Polokwane, and met up with a few fellow riders in Tzaneen, for two mellow days in the saddle, and travelled through Hoedspruit Limpopo, via the JG Strydom tunnel, via Graskop to The Vine Restaurant in Pilgrim’s Rest, where we were met by Oom Johnny and Rene our magnificent hosts, and two great people, offering great service!
Here amongst the rolling hills and gorge like mountain slopes, the trees reach, extends towards the sky and confines those within it, to the enveloping nature of the forest looking surrounds. Almost disorientating, in that every angle, looked indistinguishable, from the last.
The morning of our One Nighter outride, started early, for us eager riders!
For us as HOG Limpopo members, emerging from our homes to congregate, share stories, make friends and progress these friendships already formed, a brother-/sisterhood, all the same.
Eventually, we thundered our way towards Hazyview.
Upon our arrival, we were met with a tantalizing welcome drink, and our stay was made extra special, by the exceptional hospitality we received on site, and it was a great pleasure to dry out, shower and rest in our most beautiful, cosy colonial customed rooms, at Perry’s Bridge Hollow Boutique Hotel, with its beautiful garden settings.
The facilities, rooms, and food at Kuka Café Restaurant, was top class.
Despite the downpour of rain and almost constant drizzle, boots, jacket, and every garment possibly soaked, we still couldn’t hide the smiles, that had fixed itself onto our faces, the entire day!
Every rider had their own story to tell “ducking & diving” potholes, narrow turns, and hellish wet weather conditions.
Whatever we do, the emphasis is on enjoyment, embracing the open road, to breath and never to take ourselves too seriously.
After a fantastic breakfast fit for kings and queens, Sunday’s trip back home, took us through the Sabie/Graskop area, with its beautiful scenery of mountains, gorges and even waterfalls, even an unfortunate incident with a Duikertjie (RIP).
Our luncheon stop, took us into greater “heights” with a quick fly-in-and-out at Aerotel, situated in Hoedspruit.
The beautiful Boeing 737-200, overlooking the African bushveld and the Northern Drakensberg mountains.
The great deck area, complimented by aircraft seating, hosted the perfect setting for a great choice in tappaz and drinks – Simone and her staff, very attentative and welcoming – Photos in the cockpit was a must - an amazing experience!!
They say: “The best therapy in the world, is the time with friends and great adventures on a Harley Davidson Motorcycle, while we on this ride of “life”.
May we always, have the wind in our faces, and the sun at our backs!
Thanks for a memorable weekend HOG-Maters!
Cindy Stolz
Op Sondag-oggend om 8:00 vertrek 6 Harleys vanuit ‘n koel Polokwane en ontmoet 3 Tzaneen Harleys, 1 Louis Trichardt Harley en 1 Letsitele Harley met ‘n heerlike koffie in Tzaneen. Ons ry in heerlike weer met so ‘n sagte briesie om ons af te koel. Die veld is nog klam en grasgroen van die vorige week se reen. Die sitrusbloeiselreuke hang swaar in die lug en die wild is verspot naby aan die teerpad. Die pack stop by Letaba Junction vir iets koel en geniet die uitsig van die Letabarivier vanaf die dek. Ons vertrek 11:00 vir ‘n heerlike middagete by Hat and Creek in Hoedspruit. Die geurigste kosreuke maak ons omtrent honger en ons eet ons trommeldik aan al die smaaklike disse gevolg met verskeidenheid nageregte (Hemels)! Die groep vertrek weer net na 14:00 en stop net vir brandstof & koeldrank. Die paaie is sonder slaggate en almal ry heerlik agter ons “aflos” Road Captain wat ons almal veilig terugneem na ons tuistes voor sononder.
Christa Olivier
Nico Peyper het op 16 Februarie 2019 sy HOG Limpopo Colors ontvang. Nou, na slegs 3 jaar moet ons hom groet as ons co-director. Die tyd was heeltemal te kort en te min. Woorde ontbreek om sy bydrae aan HOG Limpopo te beskryf. Ons gaan sy stille glimlag en vrede wat hy altyd uitgestraal het - baie mis. Rus in vrede.
HOG Limpopo Chapter Jaareindfunksie 2021 is aangebied deur Polokwane area Lede by Timbavati Safari Lodge, Hoedspruit.
37 Lede het bygewoon
‘KEEP IT REAL – HARLEY DAVIDSON’ JAAREINDFUNKSIE 2021
‘n Egte HOG SpitBraai (ons het Hoedspruit se beste slagter & spitbraaier ingehuur vir ons funksie!)
Dit was ‘n Lekker Laeveld-kuier saam met ons Beste Harley Vriende
Vanaf hulle Webtuiste oor die Akkommodasie – www.timbavatisafarilodge.com