Harley Owners Group

Loading...
Sharing Our Experiences
Events Feedback
Invite Big Five & Outride (22 - 34 November 20
Pot 'n Plow, Hoedspruit & Magoebaskloof
Op 22 November het 6 van ons lede onder leiding van Tommy & Lynda Lyons na Hoedspruit vertrek.
22
Nov
2014
Invite Big Five & Outride (22 - 34 November 20
Pot 'n Plow, Hoedspruit & Magoebaskloof
22
Nov
2014
Op 22 November het 6 van ons lede onder leiding van Tommy & Lynda Lyons na Hoedspruit vertrek.

Op Saterdag, 22 November het 6 van ons Limpopo lede onder leiding van Tommy & Lynda Lyons na Hoedspruit vertrek op uitnodiging na Big Five se bemarkingsdag daar.  Hulle het heerlik gekuier saam met die Nelspruit klomp en ‘n middagete is deur Big Five voorsien aan almal teenwoordig.  Dit was lekker warm, maar wel die moeite werd….dankie aan Harry & Karen, Jan & Marjonette wat die moeite gedoen het om saam te ry en ons ondersteuning uit te dra aan Moji en sy span!  Ons waardeer.

Hiermee ook terugvoer oor ons Laaste Outride van 2014, Sondag 23 November wat na Pot ‘n Plow was.  Dit was perfekte ry-weer en die pizzas was uit die boonste gestoeltes!!  Dankie vir elkeen wat bygewoon het….23 lede (en 3 pragtige Pieterse’tjies wat ons in ons saddle-bags wil pak vir ‘n foto!!  ;-))  9 fietse vanaf Polokwane en 6 uit Tzaneen, totaal van 15 fietse so op die ou-jaar!!  Dankie vir die lekker kuier en ry julle…..kan nie wag vir 2015 nie!!

Harley Year End Bash (8 - 9 November 2014)
Tzaneen Country Lodge
Watter Chapter kan se 96% van hulle lede het hulle jaareindfunksie bygewoon!!?
08
Nov
2014
Harley Year End Bash (8 - 9 November 2014)
Tzaneen Country Lodge
08
Nov
2014
Watter Chapter kan se 96% van hulle lede het hulle jaareindfunksie bygewoon!!?

Watter Chapter kan se 96% van hulle lede het hulle jaareindfunksie bygewoon!!?  Slegs 5 uit ons 60 lede kon nie ons jaareind bywoon nie....die res was ALMAL daar en wat 'n partytjie!!!  Ons het die jaar afgesluit tot diep in die oggendure in.  Ferdie se musiek was uitstekend!  Tzaneen Country Lodge se diens, voortreflik!  Die Tzaneen en area lede het soos 1 mens die funksie gevat en saam gereel as 'n span!  Dankie julle.....dit was so, so, so lekker vir elkeen van ons.  Waardering aan Tommy en sy span!!

Yearend Function One Nighter (8 - 9 November 2014)
Tzaneen Country Lodge
Soos op ons uitnodiging van die naweek voorspel, het dit toe net so gebeur.
08
Nov
2014
Yearend Function One Nighter (8 - 9 November 2014)
Tzaneen Country Lodge
08
Nov
2014
Soos op ons uitnodiging van die naweek voorspel, het dit toe net so gebeur.

Soos op ons uitnodiging van die naweek voorspel, het dit toe net so gebeur…..“Teen 15:30 behoort ons inge-’settle’ te wees met ‘n drankie in die hand by die lieflike swembad – net vir ons gereserveer!  Dan hou ons partytjie soos net HOG Limpopo kan - tot laat!!! “  En was dit nie ‘n partytjie nie!!!?  Nadat almal se privaat apteke leeg geleen is aan Myprodol, Cataflams, Norflex, Grandpa’s en wat nog, kan ons seker almal al by hierdie tyd weer fokus en na ‘n computer kyk en bietjie begin rondbeweeg!!?  ;-))  Die heerlike dag het behels 14 ure van Harley ry, non-stop kuier, eet & dans!  Wel….vir ‘n paar lede, selfs bietjie langer….! 

Dankie aan elke Tzaneen lid betrokke – Tommy – vir jou leiding daar as Assistent Direkteur en AL jou “Leading Ladies of Harleys” wat jou gehelp het hiermee in bydraes en werk en tyd en ondersteuning…...Tzaneen lede het presies gelewer wat die Kommittee beplan het vir ons 60 lede – ‘n partytjie waar die lede die belangrikste item was – 92% bywoning.  Ons bedank julle daarvoor…..julle rock rêrig!

55 lede woon by uit 60; 30 Harleys.

West Coast Touring Rally (16 - 28 October 2014)
Western Cape
HOE verwoord mens 2 weke EN 5,600 (Polokwane fietse) en 5,800 (Tzaneen fietse) se veilige kilometers
16
Oct
2014
West Coast Touring Rally (16 - 28 October 2014)
Western Cape
16
Oct
2014
HOE verwoord mens 2 weke EN 5,600 (Polokwane fietse) en 5,800 (Tzaneen fietse) se veilige kilometers

HOE verwoord mens 2 weke EN 5,600 (Polokwane fietse) en 5,800 (Tzaneen fietse) se veilige kilometers, goeie vriende, baie lag, saamkuier om braaivleisvure en in restaurante, in die Karoo, en by die See, grappies wat gemaak word (en in boekvorm spoedig op ons rakke sal verskyn), filosofeer, baie wyn (en water), heerlike verblyf, ongelooflike paaie…..mens kan dit net nie alles verwoord nie…..volgende keer hoop ons JY kan deel wees hiervan….. 

Fotos kan wel ‘n deel daarvan weergee…..gaan kyk gerus....dit was wonderlik!!!

Outride
Coach House
12 fietse, 17 lede & 1 gas ry saam op 'n heerlike roete via die Tzaneen Dam, deur 3 valleie na T
12
Oct
2014
Outride
Coach House
12
Oct
2014
12 fietse, 17 lede & 1 gas ry saam op 'n heerlike roete via die Tzaneen Dam, deur 3 valleie na T

12 fietse, 17 lede & 1 gas ry saam op 'n heerlike roete via die Tzaneen Dam, deur 3 valleie na The Coach House. Die weer was perfek en die mense, lekker!  Heerlike ete is aangebied en van ons lede het sommer besluit die Lewe is net te kort om by die begin te begin en het die poerring eerste bygedam! Om 14:30 omtrent omgedraai en oor Magoebaskloof teruggery...heerlike espresso op Haenertsburg voor almal veilig tuis is. Dankie Tommy & Lynda vir julle reelings rondom ons Outride - ons waardeer dit baie!!  

Bushvelder One Nighter (20 - 21 September 2014)
Hoedspruit
Ons ry na die Bosvelder van die afgelope naweek was soos ‘n baba!
20
Sep
2014
Bushvelder One Nighter (20 - 21 September 2014)
Hoedspruit
20
Sep
2014
Ons ry na die Bosvelder van die afgelope naweek was soos ‘n baba!

Ons ry na die Bosvelder van die afgelope naweek was soos ‘n baba…..nat, koud & winderig maar toe ons eers daar aankom, het hierdie baba nie weer ‘kwê’ gesê nie en net gelag en gespeel, heerlik gekuier en geëet!!! Ons beplanning het gegaan rondom die vorige week se 38 grade toe word ons bederf met die jaar se laaste perfekte ry-weer!! Daar was ‘n swembad op elke moontlike kuier-plek en daarom sal ons dit net weer MOET doen…..maar volgende keer in die Hoog Somer!  Ons vat nie weer onvoorspelbare-weervoorspelling-kanse en mis al die swemme nie!!  ;-))

23 lede ry saam, 22 slaap oor – 14 Harleys het behoorlik ge-pub crawl deur ‘n koel Hoedspruit.
Liebenberg, Steyn, Du Toit & Naude vertrek vanuit Polokwane om 9:00 vanaf Shell Bendor en Ben & Florence bederf ons alweer met koffie!!  Dankie julle 2….waardeer.
Lyons; Van Heerden; Barnard; Kruger;  Van Der Spuy; Rautenbach & Sonntag – kom om 9:45 bymekaar en wag die Polokwane fietse in by Sasol, Mugg & Bean –  hier verwelkom Leon ons groep!  So lekker om te sien, dankie Leon!
Ons vertrek vanuit Tzaneen om 11:00 via Gravelotte – waar die beste biltong gekoop word….
Ons eerste stop is by Hoedspruit Safari Wine Club om bene te rek en ietsie te nuttig voor ons vertrek na Josmac’s teen die Klaserierivier waar ons middagete geniet het – pizzaskywe terwyl ons lekker rond sit en -staan en -kuier.  Dit is ‘n plekkie wat op ‘n “bucket list” hoort en ons was daar, net voor die hek van die Timbivati …..met baie wild op die pad daarheen!
By die WildLife Estate langs die Blyderivier aagekom, word ons geneem na ons huise en almal ‘settle’ in.  Viljoen ontmoet ons daar….liewer laat as nooit!!  Die eerste huis  – Van Heerden; Viljoen; Kruger;  Van Der Spuy;  Die tweede huis – Lyons; Sonntag; Liebenberg; Steyn;
Die derde huis (huis Geesvang!!) – Rautenbach & Du Toit & Naude!
Teen 18:00 kry ons almal mekaar weer by die Clubhouse in die Estate, waar ons die aand ook eet.
LIGTE Ontbyt by Scoops – bekend vir hulle heerlike koffie – Sondag oggend voor ons vertrek na Luke Africa, Letsitele, waar Luke & Anita ons bederf het by hulle lodge met heerlike ‘homemade burgers’!!
Tzaneen (300km) en Polokwane (500km) plus-minus in totaal, onderskeidelik.

Outride
Euphoria
Euphoria Outride terugvoer ontvang, is dat 25 lede bygewoon het (13 fietse) en dat dit weereens ‘n G
07
Sep
2014
Outride
Euphoria
07
Sep
2014
Euphoria Outride terugvoer ontvang, is dat 25 lede bygewoon het (13 fietse) en dat dit weereens ‘n G

Euphoria Outride terugvoer ontvang, is dat 25 lede bygewoon het (13 fietse) en dat dit weereens ‘n GROOT suskes was!  Euphoria was baie opgewonde om ons groep te ontvang en hoop ons besoek weer.  Baie dankie aan Ben & Florence Schempers wat hierdie ene op hulle geneem het om voluit en perfek te doen vir ons lede.  Ons waardeer dit opreg en maak graag weer so!!?

Polar Bear One Nighter (23 - 24 Augustus 2014)
Dullstroom
Dankie aan almal wat saamgegaan het op ons afgelope Polar Bear na Dullstroom!
23
Aug
2014
Polar Bear One Nighter (23 - 24 Augustus 2014)
Dullstroom
23
Aug
2014
Dankie aan almal wat saamgegaan het op ons afgelope Polar Bear na Dullstroom!

Dankie aan almal wat saamgegaan het op ons afgelope Polar Bear na Dullstroom!
Dit was lekker VARS vroeg oggend en laat middag….presies soos ons dit wou hê om dit ‘n propperse Polar Bear te maak…..
Botha, Pretorius & Liebenberg vertrek vanuit Polokwane om 7:30 vanaf Broadlands se hek.  Lyons; Van Heerden; Viljoen; Kruger; Barnard & Sonntag – kry ons by DEI GRATIA in Tzaneen vir ontbyt.  9 fietse 13 lede, vertrek om 9:30 en het genoeg tyd om rustig saam tot in Dullstroom te ry…..290 kilometers.
Daar aangekom val ons sommer dadelik in by Mrs. Simpson’s…..regtig ‘n plekkie wat mens NIE MAG misry nie!  Ons sleutels is opgetel vir ons 2 huise in Oaklane Estate waar ons heerlik en warm gebly het.  Skoon, netjies, cozy & ‘n kaggelvuurtjie wat brand…..ons kyk hoe die manne ‘n forel probeer uittrek, saligheid….  Ons kry almal mekaar weer om17:00 by The Poacher vir ‘n ‘sundowner’ voordat ons gaan aansit by die Royal Coachman om 19:00.  Wat ‘n heerlike aand se kuier om ‘n vriendskapstafel.  Die kos was heerlik en die geselskap, nog beter!!
Ontbyt by Harrie’s Pancake Sondag oggend voor ons vertrek na Tzaneen en Polokwane onderskeidelik.  ‘n Totaal van 530km vir Tzaneen fietse en ….km vir Polokwane fietse.
Ons is bly almal is veilig tuis….goeie ‘riding-skills’ van elkeen met seine mooi deurgegee na agter, Jan Viljoen wat vir ons ge-‘sweep’ het en Johann en Tommy wat gelei het….dankie aan elkeen wat dit weereens BAIE spesiaal gemaak het….nuwe fietse….nuwe lede…..dit was regtig besonders!!

Harley Owners Training
Melrose Arch, Johannesburg
Twee fietse, Liebenberg en Schempers, vertrek Vrydagmiddag 15 Augustus, so teen 12 uur na Johannesbu
16
Aug
2014
Harley Owners Training
Melrose Arch, Johannesburg
16
Aug
2014
Twee fietse, Liebenberg en Schempers, vertrek Vrydagmiddag 15 Augustus, so teen 12 uur na Johannesbu

Twee fietse, Liebenberg en Schempers, vertrek Vrydagmiddag 15 Augustus, so teen 12 uur na Johannesburg. Dit was heerlike ryweer en ons kom veilig by ons bestemming aan.
Heerlike kuier saam met die ander HOG Chapters en Harley Davidson entusiaste volg, en ons geniet n vyfster maal!
Die H.O.T. Training skop af met ontbyt en registrasie, en ons begin so teen 9 uur met die opleiding.  Sue Nagel, Norman Davis en Carl Fraye, bied die lesings aan en ons leer meer van HOG, wat ons baat deur daaraan te behoort, hoe mense behou word as lede, die Logo en die wetlike aspekte daarvan, (baie interessant) kopiereg, ens. Ook Africa Bike Week word bespreek en voorstelle deur die lede genotuleer.
Ons het baie geleer oor die beginsels van 'n Dealer Principle en sy Chapter/s bv. dat die dealer die chapter “besit”.
Baie gelag, weereens lekker gekuier, heerlik op ons Harleys gery!!

Womans Day Outride
Kuhestan Persian Luncheon, Magoebaskloof
Ons afgelope Persiese ete in die berge was UITSONDERLIK!!!
10
Aug
2014
Womans Day Outride
Kuhestan Persian Luncheon, Magoebaskloof
10
Aug
2014
Ons afgelope Persiese ete in die berge was UITSONDERLIK!!!

Ons afgelope Persiese ete in die berge was UITSONDERLIK!!! Die geure, die smake, die atmosfeer, die geselskap, die tuine, die weer – elke aspek daarvan, ONBESKYFLIK KOSBAAR….dankie vir die groot bederf aan ons Ladies!

DANKIE aan elkeen wat ons Ladies of Harley Outride ondersteun het – 23 lede woon by – 13 Harleys;
DANKIE aan Tommy & Lynda, Pieter & Prinses, Stephan & Eleanor wat spesiaal julle motors saamgery het om ons almal te vervoer oor die 2,5km grondpad na Kuhestan;
DANKIE aan Stephan & Eleanor dat julle hierdie ‘geheim’ met ons gedeel het sodat ons dit ook kon ervaar;
DANKIE aan Benhardt & Charme vir die versorging van al die logistieke reëlings rondom hierdie BAIE suksesvolle dag!