Sondag 11 April 2021 het ons 'n heerlike HOG Limpopo Chapter Outride aangebied deur Benhardt & Charme Steyn!
11 Lede woon by, 6 Harleys.
Polokwane bikes vertrek om 8:45 vanaf Shell Bendor. Polokwane bikes ontmoet Tzaneen bikes by Mugg Bean om ±10:00. Groep vertrek om 10:15 na Hoedspruit via Ofcolaco om ±11:30 te arriveer by restaurant.
Daar is ‘n “special” beskikbaar vir middag-ete - R125 wat insluit ‘n fillet burger met chips en ‘n welcome drink (bier/koeldrank) vir persone wat belangstel. Daar is egter ook spyskaart met ander keuses beskikbaar.
Huis toe gaan tyd sluit in vertrek ±13:30 - om via Three Bridges of Letaba Junction terug te ry.
5 Harleys ry vanaf Polokwane - Johann Liebenberg 5 Harleys ry vanaf Tzaneen via Magoebaskloof - Nico Peyper & Karin Coetzee Arriveer ongeveer 10:30 in die Berg. Polokwane Harleys is 'n kort-kop na Tzaneen, by Iron Crown. Minute later sluit Chris Breytenbach vanaf Polokwane ook by die groep aan. |
Bedankings:
- Cobie Kemp vir BAIE hout, dekor, musiek, onbaatsugtige hulp aangebied - ons waardeer jou tyd en moeite Cobie!
- Nico Peyper en Karin Coetzee vir die slaaie aangebied met AVO!
- Cindy Stolz wat ons vleis aangery het vanaf Polokwane na Eiland.
- Cobus Van Jaarsveld van Eiland wat ons verblyf en etes moeiteloos gemaak het!
Ons groep het 11 Chalets bespreek en 2 nagte oornag, wat 'n Fees!!!
Dankie aan almal wat ons AGM Eiland Spa naweek bygewoon en ondersteun het!
Vriendelike Harley-Groete,
Linda Liebenberg
HOG Limpopo # 9939
Secretary
Cell: +27 83 628 3134
Fax: +27 86 668 3134
E-mail: linda@eden-fruit.com
Visit: www.hog-limpopo.co.za
24 Lede Woon Ry saam en Woon By!
"Linda, vreeslik baie dankie vir al jou reelings en moeite soos altyd.
Vir oom Ben, Dina, Benhardt & Charme, dankie dat julle sulke oulike roomies was.
En vir al die ander wonderlike mensies wat die aand en dag so lekker gemaak het, Baie dankie vir al die jokes, geselskap en genotvolle oomblikke!
Definitief my lekkerste Valentyns in 'n baie lang tyd. Nogmaals dankie vir almal se moeite."
Hylton & Cindy Stoltz, Polokwane
Benhardt & Charme Steyn reel hierdie heerlike laaste Outride vir 2020 na Euphoria, nadat die vorige ene goed uitgereen het!
Ons groep ry al die reen mis daarheen, klim op die kabelkar en geniet die rit na die restaurant bo op die berg!
Toe almal veilig bo en onder dak is bars daar 'n wolkbreuk los en dit sous!! Ons sing behoorlik in die reen!
Nadat almal heerlik geeet en gekuier het, gaan ons droog af en geniet 'n laaste drankie op die dek wat uitkyk oor die golfbaan.
Wat 'n heerlike belewenis, Dankie julle!!
Groot dankie aan ons Tzaneen lede en veral Hester van der Spuy wat die fotos geneem het in ons Gallery.
Spesiale GROOT DANKIE aan Corma Bam wat al die dekor gereel en gedoen het; Marius Swanepoel en Corma het die hele funksie eintlik alleen gereel, baie dankie julle !!
27 Lede woon by; 1 Gas - Totaal 28 Gaste
Verblyf te Tzaneen Country Lodge
Rally aangebied deur Dave en Elmarie - wat 'n FEES!!
16 Lede ry en kuier saam
Nie Amptelike Ry met Amptelike Harley Vriende!
Heerlike roete via Coach House, Hoedspruit na Phalaborwa.
12 Lede woon by
Aan die Nuwe EXCO 2020 en ons Komitee:
Soos almal al weet, Harry & Karen Kruger verhuis na Kathu van alle plekke en dit is vir ons 'n groot verlies!
Ons is bevoorreg om ons nuwe EXCO met Komitee aan ons lede bekend te stel en as volg:
Director Marius Swanepoel
Assistant Director Rodney Cooper
Secretary Linda Liebenberg
Treasurer Charme Steyn
Past Director Benhardt Steyn
Komitee lede:
- Activities Officer Pierre Welthagen
- Captain Ladies of Harley Corma Bam
- Road Captain Johann Liebenberg
- Photographer Gawie Booysen
- Membership Officer Charme Steyn
- Webmaster Linda Liebenberg
- Editor VACANT
Indien jy graag op die Komitee wil dien, skakel asb dringend met Marius Swanepoel by 082 466 3999!!
9 Lede en 1 Gas woon by - 6 Harleys
Dankie aan Harry & Karen Kruger vir voortreflike reelings na 'n nuwe plek wat ons nie van sou geweet het, as julle dit nie gereel het nie....die Game Drive was heerlik met Leeus so naby! Lekker vars geregte en mooiste plek om jou siel te voed. Was baie lekker, dankie julle!
27 lede en 1 gas woon by - 15 Harleys plus 2 voertuie
Polokwane lede ontmoet TZN Lede by Caltex Mugg & Bean in Tzaneen om 08h30. Na n koffie vertrek ons en stop by TIEZERS xxxxx in Origstad vir n show ;-)) en iets om te eet. Ons vertrek en ry oor ROBBER’S PASS na Pelgrimsrus waar ons stop by The Vine, vir ietsie om te drink. Dan ry ons na GRASKOP waar ons inboek in die GRASKOP HOTEL om 14h00 www.graskophotel.co.za
Lede kan dan die middag doen waarvoor hulle lus is – Daar is talle interesante winkelkies binne loop afstand, daar is n pragtige swembad en ontspannings area binne die hotel en dan is daar “The Big Swing” vir die avontuurlistiges. http://graskopgorgeliftcompany.co.za/
Ons ontmoet die middag 17h30 by die Bikers Bar langs die hotel waar n shuttle ons na Divine Foods
neem vir sundowners en 'n lekker ete ! https://www.tripadvisor.co.za/Restaurant_Review-g424918-d10178225-Reviews-Divine_Foods_at_The_View-Graskop_Mpumalanga.html
(Groeps foto waar almal op die swembad se wal staan !!)
Na ontbyt by die Hotel Sondag oggend vertrek ons via die Blyde pad na The Junction www.facebook.com/letabajunction.lodge
in Letsitele vir middagete waar ons groet en huiswaarts keer.
Groete Harry & Karen
Die Rocky Horror Show is bygewoon deur 14 van ons lede, 7 Harleys. Oornag in die City Lodge Fourways, kyk die show om 15:00 by Theatro Monte Casino en eet daarna by La Rosa Mexican Grille and Tequileria!!
Met die terugry eet ons brunch by Toeka se Dae naby Warmbad.
Pierre Welthagen se 1ste Pitch & Ride is gereel na die Berry Festival op Haenertsburg. Dit word goed ondersteun deur 10 van ons lede!