Harley Owners Group

Loading...
Sharing Our Experiences
Events Feedback
2021 10 22 Friendship Rally
Magoebaskloof Hotel
Harley Owners
22
Oct
2021
2021 10 22 Friendship Rally
Magoebaskloof Hotel
22
Oct
2021
Harley Owners

28 HOG Limpopo Chapter Lede en 2 oud lede, Gaynor en Steve, kuier die naweek aan en af saam!

Die Vrydagaand Braai by die Magoebaskloof Hotel was heerlik !  Die mass ride Saterdag oggend om 10:00 was BLISS !!  Die kuier by Iron Crown met die tafel wat die Oliviers vir ons gehou het, was vrek lekker, dankie julle !  Ons het Ben Pretorius en Pieter Olivier se verjaarsdae wat kom, behoorlik gevier ! Ons Nuwe Lede Adriaan & Hilde van den Berg het hulle Colours met trots gedra...wonderlike toevoeging tot ons Chapter. Dankie aan die lede wat nie geregistreer was nie maar tot die bitter einde saamgekuier het - Helgard, Antoinette, Darron & Lorette - vol lewe!!  Dankie aan almal wat deel was van die Rally, ons maak volgende jaar graag weer so!

 

2021 09 10 Two Nighter, Kaapsehoop
Angel's Mist, Kaapsehoop
Peyper
10
Sep
2021
2021 09 10 Two Nighter, Kaapsehoop
Angel's Mist, Kaapsehoop
10
Sep
2021
Peyper

Peyper en Rautenbach ry saam uit Tzaneen en ontmoet die Liebenbergs op Kaapsehoop Vrydagmiddag, vir 'n ontspanne naweek weg! 

Vrydagaand het ons lekker gebraai in Angel's Mist se kroeg rondom 'n warm kaggelvuur.  Swanepoel arriveer veilig Saterdag. Saterdag laatmiddag het ons iets gaan drink saam met die 'locals' by die Nagkantoor en lekker geeet die aand by Bohemian!

8 lede woon by, 4 Harleys.

Dankie Nico Peyper vir al jou reelings!

2021 08 14 Polar Bear One Nighter
Misty Mountain Lodge, Sabie
Steyn/Liebenberg/Olivier
14
Aug
2021
2021 08 14 Polar Bear One Nighter
Misty Mountain Lodge, Sabie
14
Aug
2021
Steyn/Liebenberg/Olivier

Steyn het die aanvanklike reelings begin getref, Liebenberg moes oorneem en finaliseer en Olivier het dit waar gemaak...'n ware spanpoging met almal wat gehelp het, selfs om Road Captain te wees!

Dit was nie koud nie....dit was VREKKEN KOUD!!  Sekerlik die koudste naweek in 2021 en 20 lede het gaan Harley ry, want hulle is rof!!  ;-))

Terugvoer is ontvang as volg vanaf lede wat saamgery en gekuier het....

"Die kamers is fantasties!! Kaggel in die kamers, elektriese kombers, verwarmer teen die muur en nog 'n ekstra verwarmer om die kamer heerlik warm te maak!"

"Baie, baie dankie vir 'n AWESOME naweek.  Een van die BESTES."

"Baie dankie almal vir 'n heerlike naweek van lag en speel."

"Baie dankie almal vir 'n heerlike naweek van nat reen, koud kry, lag en ontspan."

"Dit was so 'n lekker naweek!"

"Thanks to all who made this a great experience."

"Dankie vir almal, dit was alweer so baie lekker.  Dankie Darron dat jy so mooi voor gery het."

"Dankie julle almal, wat 'n lekker naweek, verseker een vir die boeke!!"

"Was awesome!  Thanks julle...."

Volg hierdie 'link' om meer te sien - https://www.youtube.com/watch?v=q5tBKr5TTo0

 

 

 

2021 06 16 Outride, Jeugdag
Mountain Inn Hotel, Louis Trichardt
Steyn
16
Jun
2021
2021 06 16 Outride, Jeugdag
Mountain Inn Hotel, Louis Trichardt
16
Jun
2021
Steyn

Ons Jeugdag Outride na Louis Trichardt in die noorde : Mountain Inn Hotel

Aangesien meeste van ons ons nog soos kinders gedra wanneer ons op ons Harleys rondry, is dit heel gepas dat bg outride plaasgevind het op Woensdag, 16 Junie - wat die publieke vakansiedag - JEUGDAG is.

Die aktiwiteite vir die dag het basies omsluit 'n outride na Mountain Inn vir middag-ete en daarna 'n vinnige stop om te groet voor almal weer terugkeer huis toe.

 

Benhardt & Charmé Steyn

Benhardt Steyn

HOG Limpopo #9939

Director

Cell: +2782 469 6005

E-mail: benhardt@leacc.co.za

2021 05 15 One Nighter
Mongena, Dinokeng
Olivier
15
May
2021
2021 05 15 One Nighter
Mongena, Dinokeng
15
May
2021
Olivier

Christa Olivier reel vir ons HOG Limpopo Chapter 'n one nighter met ons Harleys na Mongena Private Lodge wat gelee is in die Dinokeng Wildreservaat, Gauteng. Ons ry met die alternatiewe pad daarheen en stop eers by Toeka-se-Dae vir brunch. Mongena is 'n pragtige plek! Ons kuier lekker saam, party gaan op 'n wildsrit, ander ontspan en rus uit. Na 'n heerlike aandete, kuier almal om 'n groot boma vuur. Sondag ry ons met die N1 terug en stop by The Ranch Resort vir 'n keelnatmaak ietsie. Daar bederf hulle ons met biltong, grondbone & skyfies. Dit was voorwaar so lekker om ou Harley-vriende weer te kon sien en soveel nuwe Harley-vriende te kon ontmoet!

16 Harleys ry saam wat bestaan uit 27 lede en 3 gaste.

En om weer meer as 500km met ons Harleys te kon ry ... dit bly altyd maar net die beste terapie!

2021 04 11 Outride
Love 15 Restaurant, Hoedspruit
Steyn
11
Apr
2021
2021 04 11 Outride
Love 15 Restaurant, Hoedspruit
11
Apr
2021
Steyn

Sondag 11 April 2021 het ons 'n heerlike HOG Limpopo Chapter Outride aangebied deur Benhardt & Charme Steyn!

11 Lede woon by, 6 Harleys.

Polokwane bikes vertrek om 8:45 vanaf Shell Bendor.  Polokwane bikes ontmoet Tzaneen bikes by Mugg Bean om ±10:00. Groep vertrek om 10:15 na Hoedspruit via Ofcolaco om ±11:30 te arriveer by restaurant. 

Daar is ‘n “special” beskikbaar vir middag-ete - R125 wat insluit ‘n fillet burger met chips en ‘n welcome drink (bier/koeldrank) vir persone wat belangstel. Daar is egter ook spyskaart met ander keuses beskikbaar.

Huis toe gaan tyd sluit in vertrek ±13:30 - om via Three Bridges of Letaba Junction terug te ry.

 

 

2021 03 21 Outride
Iron Crown, Haenertsburg
Outride
21
Mar
2021
2021 03 21 Outride
Iron Crown, Haenertsburg
21
Mar
2021
Outride

5 Harleys ry vanaf Polokwane -

Johann Liebenberg
Benhardt & Charme Steyn
Bennie Groenewald
Hilton & Cindy Scholtz
Christiaan Olivier & Yolande Cilliers

5 Harleys ry vanaf Tzaneen via Magoebaskloof -

Nico Peyper & Karin Coetzee
Pieter & Amanda Rautenbach
Gawie & Rozille Booysen
Pierre Welthagen
Helgard & Antonette de Villiers (gaste)
Darron & Lorette van Vuuren (gaste)

Arriveer ongeveer 10:30 in die Berg. Polokwane Harleys is 'n kort-kop na Tzaneen, by Iron Crown.  Minute later sluit Chris Breytenbach vanaf Polokwane ook by die groep aan.
Tzaneen word vergesel deur 2 gaste en hul gades.  Johann en Bennie verskoon hulself vroeer weens ander verpligtinge.  Nogmaals baie dankie vir julle tyd om saam die groep te ry en te kuier vir ‘n kort wyle.  20 persone het lekker saam gekuier en vertrek ongeveer 13:30 en rapporteer dat hul veilig tuis is. Baie dankie vir elkeen se teenwoordigheid by ons HOG Limpopo Chapter Outride aangebied deur Nico Peyper en Karin Coetzee - Baie dankie vir julle lekker reelings getref vir ons Chapter !!

2021 02 28 AGM
Eiland Spa, Letsitele
UITGESTEL vanaf 24 JANUARIE NA 28 FEBRUARIE 2021 agv COVID regulasies
28
Feb
2021
2021 02 28 AGM
Eiland Spa, Letsitele
28
Feb
2021
UITGESTEL vanaf 24 JANUARIE NA 28 FEBRUARIE 2021 agv COVID regulasies

Bedankings:

  • Cobie Kemp vir BAIE hout, dekor, musiek, onbaatsugtige hulp aangebied - ons waardeer jou tyd en moeite Cobie!
  • Nico Peyper en Karin Coetzee vir die slaaie aangebied met AVO!
  • Cindy Stolz wat ons vleis aangery het vanaf Polokwane na Eiland.
  • Cobus Van Jaarsveld van Eiland wat ons verblyf en etes moeiteloos gemaak het!

Ons groep het 11 Chalets bespreek en 2 nagte oornag, wat 'n Fees!!!

Dankie aan almal wat ons AGM Eiland Spa naweek bygewoon en ondersteun het!

Vriendelike Harley-Groete,

Linda Liebenberg

HOG Limpopo # 9939

Secretary

Cell:       +27 83 628 3134

Fax:       +27 86 668 3134

E-mail:  linda@eden-fruit.com

Visit:     www.hog-limpopo.co.za

2021 02 13 Valentine One Nighter
Blyde Wildlife Estate, Hoedspruit
Non Official, now Official
13
Feb
2021
2021 02 13 Valentine One Nighter
Blyde Wildlife Estate, Hoedspruit
13
Feb
2021
Non Official, now Official

24 Lede Woon Ry saam en Woon By!

"Linda, vreeslik baie dankie vir al jou reelings en moeite soos altyd.

Vir oom Ben, Dina, Benhardt & Charme, dankie dat julle sulke oulike roomies was.

En vir al die ander wonderlike mensies wat die aand en dag so lekker gemaak het, Baie dankie vir al die jokes, geselskap en genotvolle oomblikke!

Definitief my lekkerste Valentyns in 'n baie lang tyd. Nogmaals dankie vir almal se moeite."

Hylton & Cindy Stoltz, Polokwane

2020 11 29 Last Outride 2020
Euphoria
Last Outride 2020
29
Nov
2020
2020 11 29 Last Outride 2020
Euphoria
29
Nov
2020
Last Outride 2020

Benhardt & Charme Steyn reel hierdie heerlike laaste Outride vir 2020 na Euphoria, nadat die vorige ene goed uitgereen het!

Ons groep ry al die reen mis daarheen, klim op die kabelkar en geniet die rit na die restaurant bo op die berg!

Toe almal veilig bo en onder dak is bars daar 'n wolkbreuk los en dit sous!!  Ons sing behoorlik in die reen!

Nadat almal heerlik geeet en gekuier het, gaan ons droog af en geniet 'n laaste drankie op die dek wat uitkyk oor die golfbaan.

Wat 'n heerlike belewenis, Dankie julle!!

2020 11 14 Year End Carnival
Tzaneen Country Lodge
Year End Carnival
14
Nov
2020
2020 11 14 Year End Carnival
Tzaneen Country Lodge
14
Nov
2020
Year End Carnival


Groot dankie aan ons Tzaneen lede en veral Hester van der Spuy wat die fotos geneem het in ons Gallery.

Spesiale GROOT DANKIE aan Corma Bam wat al die dekor gereel en gedoen het; Marius Swanepoel en Corma het die hele funksie eintlik alleen gereel, baie dankie julle !!

27 Lede woon by; 1 Gas - Totaal 28 Gaste

Verblyf te Tzaneen Country Lodge

2020 10 23 Friendship Rally
Magoebaskloof
Friendship Rally
23
Oct
2020
2020 10 23 Friendship Rally
Magoebaskloof
23
Oct
2020
Friendship Rally

Rally aangebied deur Dave en Elmarie - wat 'n FEES!!

16 Lede ry en kuier saam