Harley Owners Group

Loading...
Sharing Our Experiences
Events Feedback
2020 09 12 Nie Amptelike One Nighter
Phalaborwa
Nie Amptelik Ry met Amptelike Vriende
12
Sep
2020
2020 09 12 Nie Amptelike One Nighter
Phalaborwa
12
Sep
2020
Nie Amptelik Ry met Amptelike Vriende

Nie Amptelike Ry met Amptelike Harley Vriende!

Heerlike roete via Coach House, Hoedspruit na Phalaborwa.

12 Lede woon by

NUWE EXCO AANGEKONDIG
Committee Meet
Aan die Nuwe EXCO 2020 en ons Komitee
10
May
2020
NUWE EXCO AANGEKONDIG
Committee Meet
10
May
2020
Aan die Nuwe EXCO 2020 en ons Komitee

Aan die Nuwe EXCO 2020 en ons Komitee:

Soos almal al weet, Harry & Karen Kruger verhuis na Kathu van alle plekke en dit is vir ons 'n groot verlies!

Ons is bevoorreg om ons nuwe EXCO met Komitee aan ons lede bekend te stel en as volg:

Director Marius Swanepoel

Assistant Director Rodney Cooper

Secretary Linda Liebenberg

Treasurer Charme Steyn

Past Director Benhardt Steyn

 

Komitee lede:

  • Activities Officer Pierre Welthagen
  • Captain Ladies of Harley Corma Bam
  • Road Captain Johann Liebenberg
  • Photographer Gawie Booysen
  • Membership Officer Charme Steyn
  • Webmaster Linda Liebenberg
  • Editor VACANT

Indien jy graag op die Komitee wil dien, skakel asb dringend met Marius Swanepoel by 082 466 3999!!

Khaya Ndlovu Manor House Outride
Hoedspruit
9 Lede en 1 Gas woon by - 6 Harleys
15
Mar
2020
Khaya Ndlovu Manor House Outride
Hoedspruit
15
Mar
2020
9 Lede en 1 Gas woon by - 6 Harleys

9 Lede en 1 Gas woon by - 6 Harleys

Dankie aan Harry & Karen Kruger vir voortreflike reelings na 'n nuwe plek wat ons nie van sou geweet het, as julle dit nie gereel het nie....die Game Drive was heerlik met Leeus so naby! Lekker vars geregte en mooiste plek om jou siel te voed.  Was baie lekker, dankie julle!

Valentine One Nighter
Graskop Hotel, Mpumalanga
27 lede en 1 gas woon by - 15 Harleys plus 2 voertuie
15
Feb
2020
Valentine One Nighter
Graskop Hotel, Mpumalanga
15
Feb
2020
27 lede en 1 gas woon by - 15 Harleys plus 2 voertuie

27 lede en 1 gas woon by - 15 Harleys plus 2 voertuie

Polokwane lede ontmoet TZN Lede by Caltex Mugg & Bean in Tzaneen om 08h30. Na n koffie vertrek ons en stop by TIEZERS xxxxx in Origstad vir n show ;-)) en iets om te eet. Ons vertrek en ry oor ROBBER’S PASS na Pelgrimsrus waar ons stop by The Vine, vir ietsie om te drink. Dan ry ons na GRASKOP waar ons inboek in die GRASKOP HOTEL om 14h00 www.graskophotel.co.za

Lede kan dan die middag doen waarvoor hulle lus is – Daar is talle interesante winkelkies binne loop afstand, daar is n pragtige swembad en ontspannings area binne die hotel en dan is daar “The Big Swing” vir die avontuurlistiges.  http://graskopgorgeliftcompany.co.za/

Ons ontmoet die middag  17h30 by die Bikers Bar langs die hotel waar n shuttle ons na  Divine Foods

neem vir sundowners en 'n lekker ete ! https://www.tripadvisor.co.za/Restaurant_Review-g424918-d10178225-Reviews-Divine_Foods_at_The_View-Graskop_Mpumalanga.html

(Groeps foto waar almal op die swembad se wal staan !!)

Na ontbyt by die Hotel Sondag oggend vertrek ons via die Blyde pad na The Junction www.facebook.com/letabajunction.lodge

in Letsitele vir middagete waar ons groet en huiswaarts keer.

Groete Harry & Karen

2020 02 02 Pitch & Rides
GT & Haenertsburg
Die Rocky Horror Show is bygewoon deur 14 van ons lede, 7 Harleys.
02
Feb
2020
2020 02 02 Pitch & Rides
GT & Haenertsburg
02
Feb
2020
Die Rocky Horror Show is bygewoon deur 14 van ons lede, 7 Harleys.

Die Rocky Horror Show is bygewoon deur 14 van ons lede, 7 Harleys.  Oornag in die City Lodge Fourways, kyk die show om 15:00 by Theatro Monte Casino en eet daarna by La Rosa Mexican Grille and Tequileria!!

Met die terugry eet ons brunch by Toeka se Dae naby Warmbad. 

Pierre Welthagen se 1ste Pitch & Ride is gereel na die Berry Festival op Haenertsburg.  Dit word goed ondersteun deur 10 van ons lede!

AGM HOG Limpopo Chapter
Polokwane Golf Klub, Polokwane
HOG Limpopo Chapter se Komitee vir 2020 & 2021 is vandag verkies deur 53 lede.
19
Jan
2020
AGM HOG Limpopo Chapter
Polokwane Golf Klub, Polokwane
19
Jan
2020
HOG Limpopo Chapter se Komitee vir 2020 & 2021 is vandag verkies deur 53 lede.

HOG Limpopo Chapter se Komitee vir 2020 & 2021 is vandag verkies deur 53 lede. Geluk aan -

  • Director Harry Kruger
  • Assistant Director Marius Swanepoel
  • Treasurer & Membership Officer Charme Steyn
  • Secretary & Webmaster Linda Meintjes Liebenberg
  • Past Director Benhardt Steyn
  • Road Captain Johann Liebenberg
  • Ladies of Harley Karen Kruger
  • Activities Pierre Welthagen
  • Photographer Gawie Booysen
  • Editor Kathleen Breytenbach

Dankie vir elkeen se beskikbaarheid om ons Chapter een van die bestes te maak!! 

Grease Year End, The Ranch
THE RANCH, POLOKWANE
31 HOG Limpopo Lede woon by.
16
Nov
2019
Grease Year End, The Ranch
THE RANCH, POLOKWANE
16
Nov
2019
31 HOG Limpopo Lede woon by.

31 HOG Limpopo Lede woon by.

Die 2019 HOG Limpopo eindjaarfunksie was soos dit nou al die norm geword het – Een Groot Partytjie – soos net HOG Limpopo dit kan doen. ‘n Vinnige & ligte middag-ete by Lekwar was gevolg met outride as groep saam na The Ranch, net buite Polokwane, om as voorsmakie te dien op wat sou volg.

Die aankoms by The Ranch het ingesluit ‘n koel lafenis vir die droeë kele met ‘n vinnige inboek en registrasie sodat almal hul somerklere kon gaan aantrek vir ‘n lekker kuier langs die swembad vanaf 15:00

Om 18:00 het die een na die ander COOL Grease couple by die venue opgedaag om verwelkom te word met die lekkerste mengel drankie – saamgestel volgens jou eie keuse.

Vandaar is ons na die pragtig opgemaakte en voorbereide tafels – in ‘n saal wat ons almal laat voel het ons is in die 60’s – marshmallows, langspeelplate, juke box, en nog meer.

Lekker eet en lekker dans was aan die orde van die dag – en niemand het honger of uitgerus gaan slaap nie.

Baie dankie aan die Ladies of Harley, Polokwane vir ‘n partytjie duisend.

Charme Steyn
Captain Ladies of Harley

Outride Vir Stephan Le Roux
Drukgang, Dendron
9 Harleys met 16 Lede en 1 Gas woon by.
13
Oct
2019
Outride Vir Stephan Le Roux
Drukgang, Dendron
13
Oct
2019
9 Harleys met 16 Lede en 1 Gas woon by.

9 Harleys met 16 Lede en 1 Gas woon by.  Ons doen die Outride vir Stephan Le Roux wat die vorige dag oorlede is.  Almal teenwoordig ry saam in leedwese....

Stephan Le Roux is skielik oorlede op Saterdag, 12 Oktober, op sy laaste Harley Davidson rit op aarde....
Sy begrafnis het plaasgevind op Vrydag, 18 Oktober in Tzaneen.
Stephan was 'n Life Member van HOG en het ook voorheen gedien op ons EXCO.
Ons innige simpatie aan Eleanor, kinders en kleinkind wat agterbly. Julle is in ons gebede, elke dag.

Dankie vir elkeen se bydra gemaak in hierdie swaar tyd.
Al die HOG Limpopo lede wat in die stoet gery het;
Marius Swanepoel se reelings rondom dit;
Pierre Welthagen vir die replika vlaggies, soos wat Stephan altyd op sy Road King gehad het;
Corma Bam vir blomme; Karen Kruger vir blomme;
Elkeen se spesiale boodskap, oproep en daarwees vir Eleanor en haar gesin.

Daar is net EEN familie soos ons HOG Limpopo Familie en dit is 'n voorreg om deel hiervan te wees!  Julle is so 'n spesiale groep mense en elkeen word opreg waardeer.

When you're in the Harley Owners Group, you're part of something bigger than yourself.

Marius Swanepoel

Clarence Mini Tour
CLARENS, DRAKENSBERG
13 Lede woon by; 9 Harleys; Plek: Ash River Lodge in Clarens
21
Sep
2019
Clarence Mini Tour
CLARENS, DRAKENSBERG
21
Sep
2019
13 Lede woon by; 9 Harleys; Plek: Ash River Lodge in Clarens

13 Lede woon by; 9 Harleys; Plek: Ash River Lodge in Clarens (www.ashriverlodge.co.za) Kostes: R2,100 per kamer vir 2 nagte, ontbyt uitgesluit maar bestuur dring daarop aan dat ons iets eet voor vertrek elke dag - HULLE DIENS WAS VOORTREFLIK….!!! Saterdag 21 Sep 2019 7:30: Pack - Benhardt & Charme, Ben & Dina, Johann, Butch & Charmaine, Mike & Hester, Bach & Kathleen = 8 bikes - ontmoet by Caltex The Ranch om 7:45 te vertrek. Ons volg die N1 oppad na JHB Pieter Joubert en Linda Liebenberg sluit in Pretoria aan by die groep Na Midrand neem ons die N3 oppad na Durban. Vanaf Warden neem ons die R712 en ry via Bethlehem na Clarens. Totaal van 625km vir die dag. Verwagte aankoms by Ash River Lodge in Clarens ongeveer 16:00 Ons drink iets kouds by Clarens Brewery en eet die aand by Highlands Restaurant, heerlik! Sondag 22 Sep 2019 8:30 Pack kom bymekaar by Ashriver Lodge vir outride na Fouriesburg vir ontbyt by Die Plaasstoep Totaal van 72km (36km x 2) Die res van die dag shop die girls heerlik en die manne is geduldig. Aandete by Gosto Portuguese Restaurant, die beste prawns! Maandag 23 Sep 2019 Almal ry terug na Limpopo op hul eie tyd en tempo. Lede wat Dinsdag eers uit die berge is, het reg in die tande van die kouefront ingery maar dit darm oorleef! Meeste van ons volg die R712 deur Golden Gate na Harrismith. Vanaf Harrismith volgs ons die N3 and daarna die N1 weer terug huis toe. Totale km tot in Polokwane 671km en 763 na Tzaneen

Benhardt Steyn

Route 62 Slow Food & Wine Tour
ROUTE 62, WESTERN CAPE
Dag 1 - 7 Aug 2019
07
Aug
2019
Route 62 Slow Food & Wine Tour
ROUTE 62, WESTERN CAPE
07
Aug
2019
Dag 1 - 7 Aug 2019

Dag 1 - 7 Aug 2019

Letsitele, Tzaneen, Dendron, Polokwane na Ventersburg Vrystaat.

So begin ons Route 62 Harley Davidson toer. 7 bikes & 2 trikes. 13 HOG Limpopo Lede. 606 km vandag gery. Die N1 tussen Polokwane & Pretoria was 'n rustige pad, verkeer tussen Pretoria & Grasmere wat die adrenalien laat vloei het en toe ? baie sterk wind tussen Grasmere & Kroonstad. Maar dis alles deel van Harley ry! Wow dit is so lekker! Wat ? voorreg. Vanaand slaap ons by die Barn, braai lekker vleis & geniet dit saam met egte Vrystaatse krummelpap. Ons kuier om 'n groot vuur en geniet die samesyn terdeë. Dankie Linda Liebenberg vir al jou reëlings.

Dag 2 -8 Aug 2019

Ventersburg na Beaufort Wes

Ons ry vandag 720 km van die Vrystaat deur ? deel van die Noord Kaap tot in die Weskaap. Wat 'n mooi deel van ons land! Van Colesberg verby Drie Susters tot hier in Beaufort Wes is beautiful!! Die paaie is so mooi, baie min potholes. Dit was bitterkoud op die bikes, ons was soos eskimo bikers aangetrek. Vanaand slaap ons by die pragtige Cape Karoo Gastehuis. Ons eet skaap by Four Sheep Restaurant, want ons is mos in die skaapwêreld. Skaapstertjies, skaapboud, skaapkerrie, skaapafval! Hierdie is golden moments wat altyd onthou sal word.

Dag 3- 9 Aug 2019

Beaufort Wes tot by Robertson 420 km

Vanoggend was ons bike se sitplekke ge-ys! Dit was -5’C. Dit was bibberend koud. Dankie tog dit het later heelwat warmer geword. Ons eet ontbyt op Beaufort Wes by Tessie van Kokkedoor se Nessie. Die gemmerkoekies daar is divine!! By Matjiesfontein ontmoet ons die bekende spook & verkyk ons ons aan al die nostagiese ou karre. Die pad is nou baie mooi! Ons land is so mooi. Ons ry deur die Hexrivier vallei, die berge se pieke lê spierwit gesneeu, blou water damme & kolle oranje daisies. Die Nuy vallei is so spesiaal. Hier drink ons lekker wyn & eet oesters, tappas & pizza. Vir die volgende 2 aande slaap ons net buite Robertson by Galloway Gastehuis wat behoort aan Johann & Jana Roodt. Pragtige kamers met asemrowende uitsigte oor die berge. Na heerlike fynproewers kos van sjef Werner Snoek by Succulent Restaurant, stap ons terug onder die maanskyn & helder sterre. Wonderlike Harley tye! Wonderlike voorregte! Weereens dankie Johann & Linda Liebenberg, julle reëlings is puik!

Dag 4 - 10 Aug 2019

Robertson

Ons ry vandag net na Four Cousins vir ? lekker ontbyt. Daar proe ons ook hulle lekker Method Cap Christina. Vir die res van die dag het ons 'n bussie met 'n drywer, Pastoor Adonis, gehuur. By Viljoensdrift ry ons met 'n boot op die Breede rivier terwyl ons lekker wyn geniet. Daarna eet ons kaas, beskuitjies, olywe & vye en drink ons nog wyn, terwyl ons na hulle live music luister. Ons besoek Esona waar ons nog wyn drink en na Jazz musiek tussen die wingerde luister. By Bon Courage drink ons weer van hulle lekker Pepper Tree Shiraz. Ons sluit die aand af by Bourbon Street met oesters & skaaptjops. Wat 'n amazing dag hier in die Robertson vallei. Môre is ons weer oppad na en ry ons Route 62!

Dag 5 - 11 Aug 2019

Prince Albert

400 km (behalwe Bach Breytenbach wat 620 km gery het, want hy het sy beursie vergeet by Ronnie’s Sex Shop en moes toe omdraai). Van Robertson ry ons deur die pragtige Tradoux Pas tot by Barrydale waar ons gourmet hamburgers by Diesel & Creme eet. Toe stop ons by die bekende Ronnie’s Sex Shop. By Calitzdorp proe ons die beroemde De Krans Port. Deur Oudshoorn en toe die asemrowende Meiringspoort. Sekerlik een van ons land se mooiste plekke. Ons ry al langs die majestieuse Swartberge. Vanaand slaap ons in die Swartberg hotel - sagte beddens & spierwit beddegoed. Die paaie wat ons ry is onbeskryflik mooi, die plekkies waar ons stop is so spesiaal. Hierdie is ewige memories waarvoor ek so dankbaar is.

Dag 6 - 12 Aug 2019

Prince Albert na Knysna 220 km

Deur die Prince Albert vallei was dit lekker koud op die motorfietse! Gelukkig word dit toe warmer. Ons is weer deur die pragtige Meiringspoort tot by De Rust waar ons cappucinos drink, in Oudshoorn maak ons 'n stop by Smitties se winkel. Ons ry met die Outiniqwa pas tot in George. Dit is prentjie mooi. By Salinas in Knysna drink ons cocktails & eet lekker tapas. Ons is by die see! Vanaand slaap ons by die pragtige Turbine Boutique & Spa hotel op Thesen Island Knysna. Ek het vir ? lekker massage gegaan & voel soos 'n nuwe girl! Vir my is die ry met my Harley deur die bergpasse ongelooflik lekker. Ons het so mooi land!

Dag 7 - 13 Aug

Knysna deur die Klein Karoo tot in Riversdal 400 km

Van Knysna af stop ons by die mooie Buffelsbaai, ons ry deur Ruigtebos oor die Robinsons pass tot terug in die Karoo, Route 62. Die Klein Karoo is pragtig. By die Bella de Karoo eet ons Roosterkoek, groentesop & drink ons 'n glasie Chenin Blanc. Hier probeer Bach Breytenbach & Pieter Joubert 'n suur ou hoenderhaan hipnotiseer. En hier moet die manne ook Pieter se Harley aan die brand stoot! In Ladysmith loop ons die TV program Voetspore raak en ons vroue se harte klop sommer wild toe ons Johan Badenhorst ontmoet. Ons ry daarna oor die pragtige Garcia bergpas tot in Riversdal. Vanaand slaap ons by Fynbos Gastehuis in Riversdal, huis van die Slapende Skoonheid – ons bewonder haar behoorlik!  Ons eet die aand by De Doornkraal, wat ‘n belewenis!

Dag 8 - 14 Aug 2019

Agulhas 390 km

Ons ry deur die Overberg na die Hemel & Aarde vallei. Berge, groen grasse & lande vol goudgeel canola blommetjies. Dis 'n ongelooflike mooi en skoon wêreld! Ons doen wine tasting met sjokolade en nougat. Party doen bier tasting. Ons eet geelstert vis en sien plekkies waarvan ek nog nooit gehoor het nie. Wat 'n wonderlike voorreg! Vanaand slaap ons by Kaap Agulhas Gastehuis aan die suidpunt van Afrika.

Dag 9 - 15 Aug 2019

Kaapstad 323 km

Van Agulhas af ry ons met ons Harleys deur die Strandveld kuslangs, verby Hermanus, deur Kleinmond, Bettiesbaai, Gordonbaai, Muizenberg, Kalkbaai, Noordhoek, verby Clifton tot in Kaapstad. By Kalkies eet ons vis & chips. En ek ry met my Harley een van die mooiste dele in die wêreld - Chapmans Peak! Wat 'n dag! Ons drink cocktails by Grand Café en eet heerlike Portugese kos by Diaz Tavern die aand. Ons oornag in die Signature Lux hotel, heerlike groot kamers!!

Hierdie 9 dae was onbeskryflik spesiaal. Môre oggend laai ons ons Harleys op die Shosholoza Meyl trein na Pretoria en ons ry ook saam terug. So, 'n trein avontuur wag môre op ons!

Kathleen Breytenbach – Skrywer van bg terugvoer – baie dankie Kathleen!

Linda Liebenberg skryf….

Op die trein het ons net so heerlik gekuier;

Op Touwsrivier moes ons nog voorraad aankoop met BAIE spoed!  ;-))

Ons het Kerrie-bees-stew met stywe pap geeet op die trein, te lekker.

Ons slaap soos lyke op die trein se rustige wieg….EN kuier soveel moontlik om ons trip op 'n hoogtepunt af te sluit!

Saterdagaand oornag ons by City Lodge, Lynnwood Bridge en sluit ons trip af met nog ‘n behoorlike en laaste uiteet!

Polokwane fietse – 3,874 km elk

Tzaneen fietse – 3,793 km elk

Letsitele fiets – 4,174 km

Dendron fietse – 4,280 km elk

Cheers op nog vele sulke trips. Dankie aan elkeen wat saamgery het!! Elke trip het daarom, 'n eie unieke energie!

Show Stopper One Nighter (25 - 26 Julie 2014)
Madame Zingara, Monte Casino
Ons Madame Zingara Show Stopper was regtig sooooo lekker vir elke lid wat kon saamgaan!
25
Jul
2014
Show Stopper One Nighter (25 - 26 Julie 2014)
Madame Zingara, Monte Casino
25
Jul
2014
Ons Madame Zingara Show Stopper was regtig sooooo lekker vir elke lid wat kon saamgaan!

Ons Madame Zingara Show Stopper was regtig sooooo lekker vir elke lid wat kon saamgaan!  Die ry Vrydag middag daarheen, Bennie & Corneli se huweliksherdenking vieringe, die show self, die kos, al die kreatiwiteit en sexiness van die aand…..een groot belewenis wat ons nie gou sal of kan vergeet nie!!  Die Neighbour Goods Market Saterdag oggend was ‘n eerste vir meeste van ons lede – iets wat ons ook nie elke dag kan beleef nie.  Dankie aan Ben & Irene vir die flink-dink-parkeer-reëling wat julle vir ons getref het!  Die terugry na die Noorde, weer net so lekker…..

Dis partykeer goed om van die ‘normale’ af te wyk want toe ons Saterdag by die huis kom wou ons net nog kuier en Sondag was soos ‘n bonus op ons naweek! 

Zingara was nou maar net een van daardie geleenthede wat Johann en ek so gekyk het in die Kaap en besluit het – hierdie is ‘n moet vir HOG Limpopo – julle sal dit soooooo geniet, dit sal werk en ons is bly om te kan sê – dit het nie teleurgestel nie…..en die lede van HOG Limpopo, nog minder!!!

28 lede woon by – 16 fietse – 900 kilometers vir Tzaneen fietse en so 700 vir Polokwane.

Saturday, 12 July - Super Saturday Outride, Klaserie

Die afgelope naweek se Super Saturday was voorwaar SUPER!  Ten spyte dat dit winter skoolvakansie is, het 14 lede en 1 gas ons Outride meegemaak na Love Bitez op Klaserie – 9 fietse.

Die verwelkoming deur Sunette was voorwaar warm met ‘n heerlike drankie EN ‘n Harley cupcake!!  Die kos was uit die boonste rakke en die diens, flink!

Ons Polokwane lede het na die son gesak het in die dorp ingery met die volmaakte volmaan wat agter ons opgekom het…..altyd SO die moeite werd om op te klim en saam te ry…..dankie julle, vir ‘n heerlike ontspanne dag saam van lag, gesels & menswees!  Dis net weer bewys….8 ure vir Harley ry per dag is steeds te min tyd !!

Olifant Outride
Olifant Restaurant, Naboom
Een van ons mees suksesvolste Outrides hierdie jaar!
21
Jul
2019
Olifant Outride
Olifant Restaurant, Naboom
21
Jul
2019
Een van ons mees suksesvolste Outrides hierdie jaar!

Een van ons mees suksesvolste Outrides hierdie jaar, word gereel deur Ben & Dina Pretorius na die Olifant Restaurant, net buite Naboom!

25 Lede en 1 Gas met 17 Harleys woon by en ry saam op hierdie heerlike wintersdag! Pierre Welthagen het verjaar die dag en kon ons almal dit saam met hom ook vier!

Die kos was regtig lekker - 'n Buffet sowel as 'n A-la-Carte spyskaart is aangebied deur die eienaars.

Die fotos in ons gallery se alles!!