Harley Owners Group

Loading...
Sharing Our Experiences
Events Feedback
Bushveld One Nighter
Maroela TreeTop Lodge, Dinokeng, GT
Ons RY oor die afgelope naweek was weereens FANTASTIES!
06
Aug
2016
Bushveld One Nighter
Maroela TreeTop Lodge, Dinokeng, GT
06
Aug
2016
Ons RY oor die afgelope naweek was weereens FANTASTIES!

Ons RY oor die afgelope naweek was weereens FANTASTIES! Dankie aan al ons lede wat saamgekom het…..weereens die lekkerste lag-tye saam met julle…..  ‘Tafelkop’ & Tequila!
Ons roete het ons groep geneem op die N11, Marble Hall se kant toe, by ‘n lekker stop plek aangedoen, aanbeveel deur Jan Oosthuizen, dankie Jan!  Vandaar met die R573 en toe afgedraai na Rust de Winter op die Dinokeng pad – baie interessante pad om te beskou vanaf ‘n Harley….  Terug het ons ‘n heerlike brunch by Toeka se Dae geniet en met die ou pad gery – 740 km vir Tzn Harleys en 540 km vir Ptg Harleys, met slegs R15.00 spandeer aan tolgeld op ons roete heen en weer!  En die beste van alles is….hierdie tyd van die jaar het ons in Limpopo, die heerlikste ry-weer….

Ons is hartlik en persoonlik verwelkom deur Shane & Linda van den Berg, eienaars van Maroela TreeTop Lodge, en wat ‘n skat in die Dinokeng area!!?  Dankie Dina, dat jy saam met my na die plekkie gaan soek het, dit word waardeer en het ons Chapter perfek gepas – slegs 400m mooi grondpad, klein en persoonlik, die hele venue net ons sin!  Goeie akkommodasie, baie gerieflik en baie billik geprys.  Die steaks was uit die boonste rakke…..ons aandete ‘n treffer, en so het ons tot laat aand om die vuurtjie gesit en gesels, soos ou Harley vrinne doen.  Ons maak verseker weer so!!!

Caffe Villa Tratoria Outride
Haenertsburg
Ons was 3 Harleys uit Tzaneen en 9 Harleys uit Polokwane.
17
Jul
2016
Caffe Villa Tratoria Outride
Haenertsburg
17
Jul
2016
Ons was 3 Harleys uit Tzaneen en 9 Harleys uit Polokwane.

Ons was 3 Harleys uit Tzaneen en 9 Harleys uit Polokwane.
‘n Totaal van 16 lede en 2 gaste het die lekker 12 grade Outride saam gery en saam geniet.
Wat vir ons gewag het by Caffe Villa Tratoria in Haenertsburg was Warm Gluhwein, Warm Kaggels, Warm Sop, heerlike Italiaanse “comfort” geregte en die lewe is ‘n Fees! 
Goeie diens & goeie kos = Ons maak verseker weer so!

World Ride One Nighter
Kwanyoni Lodge, Nelspruit
Weereens ‘n FEES gewees van lieflike paaie, oulike stop plekke, verblyf, lekker eet, BAIE lag!
25
Jun
2016
World Ride One Nighter
Kwanyoni Lodge, Nelspruit
25
Jun
2016
Weereens ‘n FEES gewees van lieflike paaie, oulike stop plekke, verblyf, lekker eet, BAIE lag!

Weereens ‘n FEES gewees van lieflike paaie, oulike stop plekke, verblyf, lekker eet, BAIE lag en kuier!!!  Dankie aan Benhardt Steyn wat elke detail onder beheer gehad het en gesorg het vir ‘n HOG Limpopo World Ride One Nighter wat ‘n totaal van 8,176 Kilometers opgelewer het!!! 15 Harleys (20 lede) het die naweek deelgeneem, waarvan 10 fietse met 15 lede gery het tot verby Nelspruit en terug! Well done! aan Karen Kruger wat haar eerste one nighter meegemaak het op haar eie Harley Davidson!!  Ons is verskeie passe deur en Karen was ‘n Meester! Ons winter weer is net oor en oor die LEKKERSTE ry-weer waarvoor enige Harley eienaar kan vra!!

Outride Wia-Kyla Restaurant
Wia-Kyla Restaurant, Bandalierkop
Ons Outride wat plaasgevind het op Sondag, 15 Mei na Wia-Kyla was suksesvol. Restaurant
15
May
2016
Outride Wia-Kyla Restaurant
Wia-Kyla Restaurant, Bandalierkop
15
May
2016
Ons Outride wat plaasgevind het op Sondag, 15 Mei na Wia-Kyla was suksesvol. Restaurant

Ons Outride wat plaasgevind het op Sondag, 15 Mei na Wia-Kyla Restaurant naby Bandalierkop in die Noorde, was net so suksesvol – Benhardt….weereens, baie dankie aan jou in ons afwesigheid!!  26 lede met 15 fietse woon die outride by.  Stephan laat weet dat die eet reëlings puik was.  Die kos het vinnig uitgekom en kon almal bykans tegelykertyd smul aan die heerlikste beesstert!  Dis ‘n lekker plek met goeie atmosfeer – GREAT….veral die skraps-geklede dame by die swembad, het BAIE aandag van die manne getrek ....  ;-))

Natal Mini Touring Rally ABW 2016
Natal Midlands
16 HOG Limpopo lede het Africa Bike Week 2016 bygewoon!
26
Apr
2016
Natal Mini Touring Rally ABW 2016
Natal Midlands
26
Apr
2016
16 HOG Limpopo lede het Africa Bike Week 2016 bygewoon!

16 HOG Limpopo lede het Africa Bike Week 2016 bygewoon! 12 Lede met 6 Harleys het die onvergeetlike Natal Mini Touring Rally ROETE gery, want dit het meer oor die Roete gegaan as ABW self vir ons Lede – Pretoria; Clarence; Nottingham Road; Margate; Chrissiesmeer. 2 Tzaneen Harleys 2,371 kilometers elk; 4 Polokwane Harleys 2,329 kilometers elk; geen voorvalle en veilige kilometers, dankbaar. Le Roux; Steenkamp; Pretorius; Naude; Liebenberg en nuwe lede Butch & Charmaine Martens, ry die mooi roete. Faantjie & Hannelie Pretorius; Martin & Magda Botha kry ons daar – wat ‘n heerlike tyd!!  Hiermee mooi terugvoer vanaf nuwe lede, Martens -

As nuwe lede van die HOG Limpopo Chapter het ons, Butch en Charmaine, besluit om die Natal Mini Touring Rally, Africa Bike Week 2016 by te woon, en het glad nie geweet wat om te verwag nie.

Op 26 April vertrek ons saam met Andre en Tina net na 1 uur na Pretoria om die res van die groep te ontmoet, Ben, Dina, Johann en Linda het al douvoordag gery om hulle “bonies” te laat diens . Die Tzaneen groep Leon, Marina, Stephan en Eleanor het  na 2 uur uit Tzaneen gery  en het  donker in Pretoria aangekom, hulle was dan ook die enigste mense wat lekker nat gereën het (julle verdiende loon omdat julle so laat wou ry HA HA!!)  Die belangrikste is dat almal veilig aangekom het en natuurlik lekker honger was. Ons het by Koi, ‘n baie “nice” restaurant gaan eet en ek en Charmaine het sommer gou gevoel of ons almal lankal ken - so lekker het ons gekuier.

Die volgende oggend 8 uur was ons almal in volle glorie, behalwe vir Ben en Dina wat via Kroonstad gery het, oppad Clarens toe om gou hallo te gaan sê vir hulle Moeder. Die res van ons het groot groepe Harleys langs die pad gekry.  Dit gee mens sommer hoendervleis as jy so ‘n groep Harleys  sien wat in gelid ry.  Dan besef jy waarom ‘n Harley Davidson ‘n mens so goed laat voel, maak nie saak wat wie sê nie.  By Villiers het ons van die snelweg afgeklim om met die sekondêre paaie te ry wat darm redelik rybaar was as mens in ag neem die onderhoud is nie meer wat die moet wees nie.  Dit bly maar ‘n lekker gevoel om rustig deur die “country side” te ry.  Sonder om af te spreek kom ons en Ben hulle op presies dieselfde tyd in Bethlehem aan (hoe is dit vir time management!) waarna ons almal saam Clarens toe gery het en sommer eerste by die Duitse bier brouery gestop het. Hier het ons ‘n goeie “job” gedoen  om die local bier te toets, terwyl die vrouens bietjie die winkels gaan verken het om te sien wat Clarens bied.  Met hulle terug keer en wat gevoel het soos 5L bier later, het ons lekker gesnack aan kaasplatters en German sausages waarna almal hotel toe is, behalwe vir my en Charmaine wat vir vriende van ons gaan kuier het en dan ook die aand daar oorgeslaap het.  

Die volgende dag was ons laat- ek het gedag hier kom ‘n starf dop - maar dit lyk my die groep het my jammer gekry en dit oor gesien (ek was nogal terleurgesteld).  Ons het die Golden Gate roete gery na Nottingham Road in die Midlands wat vir my die mooiste deel van ons roete was en die aand het ons weer baie lekker gekuier.  ‘n Paar van ons het die aand Kerrie geëet met ekstra rissies en dit het die manne vir ‘n paar dae op hulle tone gehou (as jy verstaan wat ek bedoel).  Die volgende dag, na nog ‘n lekker “ride” het ons in Margate gearriveer waar ons afgepak het en toe by die HOG hospitality tent bymekaar gekom het vir ‘n paar biere voordat ons later die aand by Larry’s gaan eet het.  Botha & Pretorius het saamgekuier.  Dit was hier waar ons Tequila ontdek het wat sekere manne in die “mood” gesit het om tot 3uur die volgende oggend te kuier.

Saterdag was reënerig en almal was gelukkig om die dag net te “chill” en rond te loop. Hierdie jaar was daar maar min uitstallers in vergeleke met vorige jare maar dit was nie regtig waaroor dit vir ons gegaan het nie; maar eerder oor die “ride itself”. Sondag 7uur het ons weer die pad gevat huistoe en die slag was daar ‘n lang ‘stretch’, oor die 700km, na Chrissiesmeer.  So 150km voor Chrissiesmeer het die tempratuur baie gedaal en was dit so koud dat ons letterlik gebewe het, maar die akkommodasie was weereens eerste klas met ‘n lekker warm kool stoof wat vir ons gewag het by die restaurant. Dit was so lekker om voor die stoof te ontdooi en ons het so lekker gekuier asof dit nog die eerste aand was. Soos dit ons betaam, het ons die aand afgesluit met ‘n lekker Tequila. Na ontbyt die volgende oggend het ons by Carolina brandstof ingegooi en vir Leon, Marina, Stephan en Eleanor gegroet  wat kort daarna afgedraai het Tzaneen toe. Die middag het almal na ‘n uitstekende week veilig by die huis aangekom en afgesaal.

Dit was die beste ‘trip’ wat ons nog op was en ek moet vir Johann en Linda baie krediet gee op die manier waarop hulle die reëlings bymekaar gesit het.  Die roete, akkommodasie, eetplekke, “stopovers” en uitkyk punte was alles perfek gekies en gereël.

Baie dankie aan almal wat deel was om die “trip” moontlik te maak;  ons het dit baie geniet en goeie vriende gemaak.

Kan nie wag vir die volgende een nie!!

Butch & Charmaine Martens

Show Stopper One Nighter Singin' In The Rain
Monte Casino, GT
Die afgelope naweek se Show Stopper One Nighter Singin’ in the Rain was voorwaar ‘n ‘feel good’ TYD!
12
Mar
2016
Show Stopper One Nighter Singin' In The Rain
Monte Casino, GT
12
Mar
2016
Die afgelope naweek se Show Stopper One Nighter Singin’ in the Rain was voorwaar ‘n ‘feel good’ TYD!

Die afgelope naweek se Show Stopper One Nighter Singin’ in the Rain was voorwaar ‘n ‘feel good’ TYD vir elkeen wat saamgery het - 16 lede woon by!  Dit het geklink as volg…..What a glorious feeling; I’m happy again….. 

Riding in the Rain TO Singing in the Rain, maar die 3 couples wat toe wel Harley gery het, het wonder bo wonder, glad nie nat gereën nie - party mense het gedink dit gaan katte & beeste reën!!  ;-))  Na die show het ons ‘n heerlike glasie geklink op Stephan se 55ste verjaarsdag, baie geluk maat!  Daarna het ons RaJ toe gestap en wonderlike Kerrie geregte met vars Naan geniet….wat ‘n fees!!  Sondag oggend het ons bymekaargekom by Aroma in Lynnwood Drive vir ‘n nodige brunch na die aand se Kuier!!  Daarna die HD Pretoria Dealership besoek, lekker inkopies gedoen en almal het veilig huis toe gery.  Dankie Mike & Hester vir die fotos en die laai daarvan!  Ons waardeer dit BAIE.

Valentine Two Nighter
Cullinan, Gauteng
“If music be the food of love, play on.”
12
Feb
2016
Valentine Two Nighter
Cullinan, Gauteng
12
Feb
2016
“If music be the food of love, play on.”

“If music be the food of love, play on.”

So kan ons ons afgelope Valentyns naweek beskryf en kan mens nog die klanke van Lisa se Klavier in ons ore hoor van Koos Kombuis…..en ons lieflike fotos, geneem deur Rachel Sonntag en Celeste Greyvenstein, getuig daarvan!!  Dankie julle twee Ladies of Harley….ons waardeer dit ongelooflik baie! 
Dankie ook aan Benhardt vir al die syferwerk; Stephan wat die Tzaneen pack gelei het; 28 lede wat die naweek bygewoon het en dit oorleef het in die hittegolf!
Vrydagaand se kuier tot baie laaaaat en daai taxi rit, was weereens nes ons mekaar ken….ONVERBETERLIK!!
DANKIE vir elkeen se LAG, gesels, gesindheid en saamry….Altyd anders, Altyd onvergeetlik!!

AGM & Outride
Polokwane Golf Club
Dankie aan die 42 lede (met proxies ontvang) wat ons AGM op Saterdag 23 Januarie bygewoon het.
23
Jan
2016
AGM & Outride
Polokwane Golf Club
23
Jan
2016
Dankie aan die 42 lede (met proxies ontvang) wat ons AGM op Saterdag 23 Januarie bygewoon het.

Dankie aan die 42 lede (met proxies ontvang) wat ons AGM op Saterdag 23 Januarie bygewoon het.  Notule word eersdaags gesirkuleer aan lede.  Ons klomp het heerlik saamgebraai en die jaar sommer in 'n lekker gees afgeskop!  Was heerlik om almal weer te sien na die lang Desember weg. 

Baie geluk aan ‘n Nuwe EXCO lid, ons Assistent Direkteur, Stephan Le Roux uit Tzaneen!

Die ander EXCO lede wat herverkies is vir die volgende twee jaar termyn 2016/2017, is –

  • Johann Liebenberg as Direkteur
  • Benhardt Steyn as Tessourier
  • Linda Liebenberg as Sekretaresse
  • Pieter van Heerden bly aan as Past Director

Ook ‘n BAIE GROOT DANKIE aan die Addisionele lede van die afgelope termyn 2014/2015 gedien het op ons kommittee –

  • Ben Schempers – Road Captain & Safety Officer
  • Charme Steyn – Captain Ladies of Harley
  • Lynda Munro Lyons – Photographer
  • Benhardt Steyn – Membership Officer
  • Linda Liebenberg – Activities Officer & Webmaster

‘n SPESIALE DANKIE AAN Tommy Lyons, ons vorige Assistent Direkteur wat die wiel aan die rol gehou het vir ons lede in die Tzaneen area.  Baie dankie vir jou entoesiasme en die deeglikheid waarmee jy HOG Limpopo ondersteun het en steeds doen!  Jy word waardeer!!

Last Outride
Picnic Luncheon, Glenshiel, Magoebaskloof
Vandag het gevoel soos ‘n Kersfees Piekniek in die Mooiste Kaap.
22
Nov
2015
Last Outride
Picnic Luncheon, Glenshiel, Magoebaskloof
22
Nov
2015
Vandag het gevoel soos ‘n Kersfees Piekniek in die Mooiste Kaap.

Vandag het gevoel soos ‘n Kersfees Piekniek in die Mooiste Kaap…..dit was net VEEL nader as die Kaap self !!
Mistig, koel, ‘n groot ou boom, ‘n lang wit gedekte vriendskaps-tafel met snoesige komberse, vriendelike diens, ‘n lekker bord kos, goeie geselskap en baie wyn…..waarvoor kan mens meer vra??
Die laaste amptelike ry vir 2015 was alweer lekker!  Maar hoe dan nou anders…..?
Lekker koel en kort, in die middel outride, om ‘n goeie jaar heerlik af te sluit…..dankie vir die 22 lede wat wel daar was om mekaar vir oulaas te groet vir 2015!
4 fietse uit Tzaneen en 9 uit Polokwane en Potties – 13 in totaal.

Year End 2015
Madame Zingara, Monte Casino
IT IS ABOUT THE RIDE AND NOT THE DESTINATION!
07
Nov
2015
Year End 2015
Madame Zingara, Monte Casino
07
Nov
2015
IT IS ABOUT THE RIDE AND NOT THE DESTINATION!

IT IS ABOUT THE RIDE AND NOT THE DESTINATION!
Dit kan ons verseker sê van ons afgelope HOG Limpopo Jaareindfunksie na Gauteng hierdie jaar, 2015.
Met 91% lede wat ons jaareind bygewoon het (slegs 6 lede nie teenwoordig uit 68), was ons 28 Harleys wat met ‘n reuse BRUL vertrek het vanaf Tzaneen en toe Mike’s Kitchen na Fourways.
Hier het ‘n verdere 8 Harley eienaars en hulle metgeselle ons ingewag met ope arms en ‘n yskoue drankie, dankie julle!
Ook die feit dat ons kon terugploeg in jou as lid deur jou akkommodasie te dra, het sekerlik bygedra dat ons so voltallig kon wees – dankie aan die Kommittee vir hierdie besluit….elkeen se insette is van groot waarde!!
Dankbaar veral vir Benhardt & Charme, Ben & Florence en Johann wat my met baie vrae en antwoorde bygestaan het vir hierdie funksie.  Dankie ook aan Lynda vir die mooiste fotos vir ons webtuiste!  En Tommy en Pieter wat die beste is met Geesvang!  ;-))  Elkeen word opreg waardeer vir wat jy doen en wie jy is….
Ons wil die ‘pack’ geluk wens met ‘n MOOI en AANSKOULIKE ry!  Wanneer die Harleys so verbykom tolhek toe, het mens hoendervleis gekry…..
Afstande is nie ver gerek nie, wat veroorsaak het dat die middelste en agterste ryers ‘n veilige spoed kon handhaaf…..dit het geloop soos stroop!
Dankie ook aan almal wat vooraf soos gevra, per e-pos laat weet het waar julle ons inwag, wie eet waar saam en wie eet nie – net so het julleself bygedra tot die sukses van die reëlings wat agter die skerms plaasvind en ons waardeer dit opreg!
Dit was ook heerlik om elke lid in ‘n totaal ander milieu te kon ervaar!  Baie dankie vir elkeen se moeite gedoen om te DRESS TO CELEBRATE!
Indien jy twyfel of enige iets nie vooraf genoem is nie, hieronder is alles bymekaar…..van die uitnodiging tot die laaste koebaai!  Wat ‘n Fees!!
Dis altyd hartseer om te groet na so ‘n heerlike tyd saam, maar almal is veilig terug na ‘n onvergeetlike tyd…..ook Soon & Irma wat band probleme gehad het…..
Ons is dankbaar vir ‘n Chapter soos HOG Limpopo wat bestaan uit lede wat regte mense is; NIE net ‘n klomp onbekende gesigte wat jy net van tyd tot tyd sien NIE….
Regte vriende en opregte mense met dieselfde waardes is en word gekweek, in ons ongelooflike lekker Chapter; opreg dankbaar vir elkeen wat ons pad gekruis het die afgelope dekade of wat!

Outride
Pot 'n Plow, Magoebaskloof
Ons was 19 lede (11 fietse) met 4 gaste en soos altyd het ons heerlik saamgekuier en baie gelag!!
11
Oct
2015
Outride
Pot 'n Plow, Magoebaskloof
11
Oct
2015
Ons was 19 lede (11 fietse) met 4 gaste en soos altyd het ons heerlik saamgekuier en baie gelag!!

Ons was 19 lede (11 fietse) met 4 gaste en soos altyd het ons heerlik saamgekuier en baie gelag!!  Prinses het vir die eerste keer weer saamgery in 3 maande EN WAS DIT NOU LEKKER om haar weer op volle vaart te ervaar!!??  Dankie vir almal wat tyd gemaak het vir nog 'n wonderlike ervaring.

Outride
The GaP Brewery, Hoedspruit
Dis toe die waarheid….. You can’t buy happiness, but you CAN BUY BEER
30
Aug
2015
Outride
The GaP Brewery, Hoedspruit
30
Aug
2015
Dis toe die waarheid….. You can’t buy happiness, but you CAN BUY BEER

Dis toe die waarheid….. You can’t buy happiness, but you CAN BUY BEER….. met die heerlikste kos & atmosfeer daarby!!

Ons het ‘n hele paar drankies op Lynda, Rodney, Ben, Dina en Harry, wat almal in Augustus verjaar, gedrink – cheers weer ‘n keer!

So sê ons koebaai vir Herfs 2015, met ‘n baie lekker soel Outride na Hoedspruit…..

Die pad tussen Letsitele en Ofcalaco is weer op sy laaste en met die komende reënseisoen moet julle hom maar asb vermy…..

Verder is die pad oor Gravelotte steeds in ‘n baie goeie toestand en bly dit maar net lekker om Harley te ry in ons wonderlike Limpopo weer!!

15 lede woon by op 9 Harley’s.