Harley Owners Group

Loading...
Sharing Our Experiences
Events Feedback
Super Saturday Jeugdag Outride
Euphoria, Nylstroom
8 Harley Davidsons vertrek 10:20 vanaf Caltex, The Ranch.
16
Jun
2018
Super Saturday Jeugdag Outride
Euphoria, Nylstroom
16
Jun
2018
8 Harley Davidsons vertrek 10:20 vanaf Caltex, The Ranch.

8 Harley Davidsons vertrek 10:20 vanaf Caltex, The Ranch, met die ou pad na Euphoria. Arriveer om 11:55 by Euphoria waar Ben & Dina Pretorius die groep inwag met hulle Nuwe Rooi Trike - hoe rooier hoe mooier....Baie geluk julle!
'n Heerlike ete op die stoep word aangebied met 'n uitsig oor die gholfbaan. Nog 'n Harley sluit later aan by die groep en almal vertrek 14:30 via Naboomspruit na Caltex, The Ranch waar almal groet. 
Polokwane fietse is almal tuis rondom 16:00 en Tzaneen fietse om 17:00, amper betyds vir die rugby. 
Die Tzaneen lede het 'n redelike koue ry gehad oor die berd die oggend maar die res van die dag het heerlike ry-weer opgelewer. Van ons lede is platgetrek in die bed met verkoues en ons het julle regtig gemis...sien volgende keer wanneer ons weer lekker saamry in 'n ander rigting.
10 Harleys woon hierdie outride by, 13 Lede.
Harley Groete, Benhardt Steyn, Direkteur.

2018 05 19 ShowStopper One Nighter
Pretoria, Gauteng
UB40 ShowStopper - wow!!
19
May
2018
2018 05 19 ShowStopper One Nighter
Pretoria, Gauteng
19
May
2018
UB40 ShowStopper - wow!!

UB40 ShowStopper - wow!! Uit 'n koue nat Tzaneen vertrek 3 Harleys oor Magoebaskloof en 4 oor Modjadji na The Ranch Caltex, om nog 7 Harleys te ontmoet na 'n heerlike brunch/lunch by Toeka, kom ons by die City Lodge Hotel waar 'n oulike Harley oranje pakkie met ons UB40 kaartjies en chockies op ons wag. Om 5nm vertrek 22 lede met die bussie na Menlyn Main waar ons wegle aan heerlike steaks by Turn n Tender. Die oud maar nog glad nie koud manne van UB40, was amazing.
Na ons 'night cup' by Tiger's Milk wag 'n skoon wit bed op ons by City Lodge. Dankie Dina!
Sondagoggend se heerlike ontbyt en koffie by Stephnie's was voorwaar 'n fees waarna ons na Menlyn is om ons komberse vir die kids blanket run te doneer. By HardRock Cafe geniet ons 'n drinkding voor ons die pad terug na Limpopo op ons Harleys met 'n warme gevoel van 'n heerlike showstopper-blanket run one nighter wat Dina vir ons gereel het. Baie dankie Dina vir jou uitstaande, puik reelings om die naweek vir ons 'n uitstaande belewenis te maak!!  
Geskryf deur Eleanor le Roux

ABW Touring Rally To East London
TOURING RALLY, EAST LONDON
Africa Bike Week 24 April – 30 April 2018
24
Apr
2018
ABW Touring Rally To East London
TOURING RALLY, EAST LONDON
24
Apr
2018
Africa Bike Week 24 April – 30 April 2018

Africa Bike Week 24 April – 30 April 2018

Weereens is ‘n wonderlike en idilliese tyd op ons Harleys spandeer.
8 Harleys en 14 Lede woon by.

Drie Tzaneen Harleys ( Marius Swanepoel, Corma Bam, Stefan & Eleanor le Roux, Tommy & Lynda Lyons) & 4 Polokwane Harleys (Benhardt & Charme Steyn, Ben & Dina Pretorius, Bach & Kathleen Breytenbach) kom bymekaar in Pretoria by die Centurion Road Lodge waar ons ‘n heerlike kuiertjie het by Rhapsody’s. Woensdagoggend 25 April vertrek ons vroegoggend. Dis nog donker en bibberend koud. Gelukkig help die Wimpy koffies langs die pad. Ons slaap die aand op Rondefontein naby Springfontein. ‘n Pragtige plekkie met wonderlike diens. Die aand drink ons rooi wyn en eet lekker Karoo skaapboud. Donderdagoggend 26 April draai ons eers af om die Gariepdam met die oop sluise te sien. Ons ry deur klein Karoo dorpies waar die Kerkgeboue ons be-indruk en skape in die hoofstraat wei. Donderdagmiddag sluit Johann & Linda Liebenberg met 3 Kaapse Harleys by ons aan, in Hogsback. Hogsback Inn is ons slaapplek vir die aand – ‘n pragtige en statige ou Inn wat alreeds oop is sedert 1880. Vrydagoggend na ‘n lekker ontbyt en rondloop in die klein dorpie, ry ons na Oos Londen waar die 2018 ABW aangebied is. Ons slaap by die Garden Court Hotel wat reg langs die ABW Rally Site is. Hier ontspan ons, drink yskoue bier, shop in die stalletjies en luister na die Parletones & Jack Parrow. Die see is reg langs die venue. Ons eet elke aand lekker saam. Ons is voorwaar ‘n wonderlike groepie saam! Sondagoggend groet ons Oos Londen en ons Kaapse vriende. Ons ry met ons Harleys deur ‘n pragtige deel van ons land – deur Aliwal Noord, verby Bloemfontein tot in Winburg. Hier kuier en braai ons heerlik saam. Maandag ry 5 Harleys terug tot In Polokwane, Tzaneen & Dendron. Die ander 3 stop eers in Pretoria.

Ons ry ongeveer 3100 km op ons super Harleys, sien hierdie land so intens, kuier saam met wonderlike vriende en deel ons liefde vir ons Harleys met mekaar. Wat ‘n onvergeetlike ervaring! Wat ‘n groot genade! Baie dankie aan die komitee vir die reël van hierdie fantatiese tyd. Julle is top!

Kathleen Breytenbach

Outride Maholoholo Ya Mati
Maholoholo Ya Mati, Hoedspruit
Net 5 Harleys sou ry en toe die dag aanbreek, is ons 10 Harleys, 14 Lede!
08
Apr
2018
Outride Maholoholo Ya Mati
Maholoholo Ya Mati, Hoedspruit
08
Apr
2018
Net 5 Harleys sou ry en toe die dag aanbreek, is ons 10 Harleys, 14 Lede!

Net 5 Harleys sou ry en toe die dag aanbreek, is ons 10 Harleys, 14 Lede! Die Double-up Outride....heerlike roete wat Harry & Karen vir ons uitgewerk het met gawe stopplekke. Maddogz Cafe was eerste om die keel net nat te kry. Maholoholo Ya Mati, met 'n tafel reg langs die skoon Blyderivier waar die Geelvis baljaar, was ons middagete stop, met smaaklike kos! Wyn vir poerring was by Cooked net anderkant Hoedspruit. Heerlike kuier vir 'n hele dag lank! Dankie julle vir julle 'rookie' werk vooraf gedoen om alles deeglik te beplan vir die 14 Lede wat saamgery het!

2018 03 18 Outride Cuckoo's Nest
Cuckoo's Nest, Louis Trichardt
Wat ‘n wonderlike outride!!
18
Mar
2018
2018 03 18 Outride Cuckoo's Nest
Cuckoo's Nest, Louis Trichardt
18
Mar
2018
Wat ‘n wonderlike outride!!

Wat ‘n wonderlike outride!! 13 Harleys & 21 lede! Ons ry al langs die pragtige Soutpansberge, verby groot groen bome & lang grasse wat liggies waai in die wind. Wat ‘n pragtige wêreld is Afrika nie en om dit op ons Harleys te kan ervaar. Tussen Louis Trichardt en Vivo stop ons naby Mara om ietsie koud te drink.

Cuckoo’s Nest is ‘n pragtige gastehuis met ‘n lowergroen tuin. Die manne braai vir ons ‘n worsie en tjoppie. Lekker kuier ons as Harley vriende saam. Net na 3 pak ons die pad terug aan huis toe. Dankie Marius Swanepoel vir al jou reëlings - ons nuwe Activities Officer se eerste Outride done & dusted. Dit was ‘n bakgat dag vol lag, kuier, ontspan en ons Harleys!!

2018 02 17 Valentine One Nighter
KRUGER PARK LODGE, HAZYVIEW
"Sukses is om ander te laat dans" - Dr Ben Carson
17
Feb
2018
2018 02 17 Valentine One Nighter
KRUGER PARK LODGE, HAZYVIEW
17
Feb
2018
"Sukses is om ander te laat dans" - Dr Ben Carson

"Sukses is om ander te laat dans"  - Dr Ben Carson

Of jy nou fisies gedans het of in jou kop of in jou hart oor Genade en Dankbaarheid en die Liefde….ons het gedans en die naweek was SO lekker agv positiewe gesindhede en wonderlike Harley Vriende!!  Dankie aan elkeen wat saamgery het hierdie keer!

Dankie Hannelie vir die Koffie-stop by Olive Tree ter voorbereiding van ‘n lekker nat pad.  Benhardt en Charme het ons HOG Limpopo ‘pack’ van 19 Harleys met 33 lede, veilig gelei deur die mooiste passe tot in Hazyview en terug!

The Vine op Pelgrimsrus was ‘n heerlike kuier en Kruger Park Lodge het spesiale moeite gedoen met ons groep.  Die Chalets was netjies en mooi en goed toegerus – dankie vir die terugvoer julle.

Die aand se Boma braai op die oewer van die bruisende Sabierivier was ‘n heerlike kuier met lekker lag!

Gelukkig het ons toevallig hierdie keer ‘n ‘back-up’ voertuig beskikbaar gehad.  Spesiale dank aan Pieter & Amanda vir julle voertuig wat die Road King kon laai en veilig kon terugbesorg in Tzaneen!

Ons het Karen se verjaarsdag behoorlik gevier Sondag en ‘n heerlike ete is voorgesit by Cooked deur Jessica en haar span! 

Dankie Harry vir die Black Forest Verjaarsdagkoek, vars gebak en smaaklik!!

Baie dankie aan Rachel wat vir ons mooi fotos van die naweek geneem het en dat jy spesiaal jou toerusting saamgery het!

Dankie aan al die ander lede wat ook fotos geneem het om die oomblikke vas te vang en dit so geesdriftig op WA en FB plaas vir almal om te geniet!

2018 01 21 AGM & Outride
LEKWAR, HAENERTSBURG
Na ‘n lekker besige begin van die jaar, hiermee al die Nuutste HOG Limpopo Nuus vir jou as lid!!
21
Jan
2018
2018 01 21 AGM & Outride
LEKWAR, HAENERTSBURG
21
Jan
2018
Na ‘n lekker besige begin van die jaar, hiermee al die Nuutste HOG Limpopo Nuus vir jou as lid!!

Na ‘n lekker besige begin van die jaar met ons AGM Sondag, wat ‘n verkiesing was, met ‘n heerlike Outride, asook ‘n eerste Kommittee vergadering Maandag, 22 Januarie, hiermee al die Nuutste HOG Limpopo Nuus vir jou as lid!!

Ons Notule van ons AGM is hierby aangeheg; ook ons 2017 Direkteursverslag;

Ons Nuwe Direkteur is Benhardt Steyn;

Ons Nuwe Assistent Direkteur is Harry Kruger:

Ons Nuwe Tesourier is Dina Pretorius;

Ons Sekretaresse is Linda Liebenberg;

Ons Past Director wat ‘n oog oor ons gaan hou is Johann Liebenberg.

Dit is dan ons Nuwe EXCO!

Addissionele Lede wat Poste aanvaar het en nou op die HOG Limpopo Kommittee dien, is as volg:

•          Activities – Marius Swanepoel

•          Ladies of Harley – Charme Steyn

•          Photographer – Kathleen Breytenbach

•          Membership Officer – Dina Pretorius

•          Road Captain & Safety Officer – Ben Pretorius

•          Webmaster – Linda Liebenberg

•          Editor – Kathleen met plaas van fotos op ons FB page

Ons glo hierdie Lekker Vol Span gaan vir ons Chapter baie beteken en sien uit na ‘n 2018 vol LAG en RY!!

BAIE geluk aan elkeen van julle hierbo genoem! 

So gepaat van 2018….ons Kalender is reeds beplan met ons Kommittee vergadering en sodra dit goedgekeur is deur die EXCO word dit versprei.  Soos altyd, print asb uit, save die datums oral op jou foon en rekenaar en geniet asb alles saam as lid.  Dis JOU bydra….om Saam te Kom en Daar te Wees en die organiseerders te Ondersteun in al sy/haar moeite vir JOU gedoen….

Ons is tans 51 lede en ‘n span LEKKER mense in ons Chapter.

Onthou dat Alles sal ook op ons www.hog-limpopo.co.za beskikbaar sal wees…in jou hand, so indien jy nie seker is van iets nie, gaan kyk asb 1ste daar!

Welkom aan Nuwe Lede, almal vanaf Tzaneen area!!

Corma Bam – Corma het ook Sondag verjaar, 21 Januarie, baie geluk Corma en baie welkom in ons Chapter.

Tommy & Lynda Lyons het na ‘n jaar se vinnige afwesigheid weer aangesluit en ry sommer weer lekker saam hierdie jaar.

2017 11 11 Viking Year End Function
Magoebaskloof Mountain Lodge
A true Viking Gathering where there was Rebelling and Entertainment.
11
Nov
2017
2017 11 11 Viking Year End Function
Magoebaskloof Mountain Lodge
11
Nov
2017
A true Viking Gathering where there was Rebelling and Entertainment.

A true Viking Gathering where there was Rebelling and Entertainment from twilight till late nocturnal hours,

according to the enjoyment and wilful pleasures by the gathered.  Calling ALL Vikings!!!

Ag nee…..rêrig!!  Ek weet nie wat om te sê vir die lede wat nie daar was om in ons Jaareind Funksie te deel nie….? Aan die lede wat wel daar was…..julle sal verstaan hoe ek voel…..  Die Gees waarin ons die afgelope naweek gedeel het, was net onbeskryflik! Al ons pragfoto’s geneem deur Rachel Sonntag is gelaai op ons www.hog-limpopo.co.za en die persone wat Facebook het, gaan gerus na HOG Limpopo Chapter # 9939 en Like ons bladsy!  Ons foto’s verskyn ook daar vir jou gerief!

Die kuier het sommer al vroeg-vroeg al begin met die regtrek van ons venue by Magoebaskloof Mountain Lodge (die ou Ruskamp). Van hier het ons almal bymekaar gekom by Lekwar waar ons Marius Swanepoel ingewag het op sy spesiale verjaarsdag saam met ons! Lekker geeet by Frans, eienaar van Lekwar, wat baie moeite vir ons gedoen het met sy lekker ligte middagetes.

Ons het ‘n draai gaan maak by Magoebaskloof Hotel waar HOG Johannesburg hulle 1,000 kilometer Harley ryers ingewag het!  Toe moes ons bietjie rus….maar Almal het nie gerus nie want daar was allerlei afleidings beskikbaargestel !!  ;-))

Die aand om 6nm brand die vreugde-vure hoog, die Tequila loop 2-2, die musiek gee die toon aan vir ‘n aand vol groot kuier!! Almal wat aankom lyk FANTASTIES!!  Ons beleef ‘n Harley Viking Jaareind 2017 wat ons vir nog baie lank gaan onthou….groot dankie aan elkeen wat uit sy/haar ‘comfort zone’ geklim het, binne in ‘n ander mileu in, waar ons almal net onsself kon wees! Magoebaskloof se Jacques en Rene het uit hulle pad gegaan om alles so gerieflik moontlik te maak….die kos en diens gelewer, was met keur en geur! Jesse Witchel se musiek was so gepas en hy het bekende items gespeel tot die laaste ou waai! Selfs die WEER het saamgespeel en het ons saam gesing en gedans in die mistigheid van Magoebaskloof….ai, dit was so spesiaal.

Hiermee net weer spesiale melding en dank aan:

•          Ben Schempers vir die hout geskenk;

•          Die Breytenbach’s vir die heerlike groot biltong- en droeëwors pakkies;

•          Carla Oosthuizen vir die nagereg koekies;

•          Rachel Sonntag se fantasie foto’s vir ons Chapter;

•          Almal wat met voertuie deurgekom het om items aan te ry en terug te ry;

•          Almal wat gehelp het met items geleen en geskenk aan HOG Limpopo as décor;

•          Almal wat fisies gehelp met die opstel van die dag se sukses;

Ons het ‘n glasie geklink op van ons geliefde lede se lewens…..Sous wat nie meer in ons geledere is nie; Florence wat in ‘n vreemde vêr land sit; en Pieter Rautenbach wat nog ‘n kans gegun is en saam met ons hier die lewe kan vier!  Ten spyte van hierdie omstandighede het Ben Schempers en Pieter & Amanda steeds hulle weg oopgevind om saam met ons hierdie Kalender Item deur te bring….met Goeie Vriende!  En Marius wat verjaar het, het dieselfde besluit….wat ‘n voorreg is dit vir ons klomp! 

Baie geluk aan TINA NAUDE as Best Dressed Lady en BEN SCHEMPERS as ons Best Dressed Man!  Julle verdien die krediet!

Dankie aan Andre Naude wat talle lede gehelp het met hulle uitrustings en toerusting, wat so gepas was die aand.  Jy is werklik kreatief!

Dankie aan elkeen wat deel was van ons 2017 Viking Jaareindfunksie…..jou ondersteuning en lojaliteit word baie waardeer!!!  31 Lede woon by.

2017 10 22 Outride
Zena's Cantina, Kennington Lodge, Louis Trichardt
Marius Swanepoel ry heerlik en net soos 'n batchelor kan, na Polokwane.
22
Oct
2017
2017 10 22 Outride
Zena's Cantina, Kennington Lodge, Louis Trichardt
22
Oct
2017
Marius Swanepoel ry heerlik en net soos 'n batchelor kan, na Polokwane.

Marius Swanepoel ry heerlik en net soos 'n batchelor kan, na Polokwane, om vir Chris Breytenbach, Pieter & Christa Olivier en Johann & Linda Liebenberg by Shell Bendor te ontmoet.  Na 'n warm koffie ry ons via Dendron en draai ons by Vivo af, rigting Louis Trichardt.  By Dennis Craft Beer ala “Bulldog” aangekom, word ons hartlik ontvang en proe aan sy verskeidenheid bier in 'n lowergroen tuin wat hyself uitgele het!!

Na ons Bierproe ondervinding vertrek ons na Zena’s Cantina vir middagete (17km) buite Louis Trichardt by Kennington Lodge waar ons vir Pieter & Prinses van Heerden en Harry & Karen Kruger ontmoet…. Zena spesialiseer in Eisbein en vele meer ander smaaklike dinge...maar daai Eisbein is net die beste ooit!!

Na ons lekker gesellige en welverdiende kuier, ry ons terug via Soekmekaar na Tzaneen en Polokwane onderskeidelik.  Amper 400 kilometers vir Tzaneen Harleys en so 320 kilometers vir Polokwane Harleys….soos die woorde lui....."There is Nothing Stronger than the Bond of the Open Road".  Dankie julle, vir julle saamry, saamkuier en ondersteuning!!  Ons waardeer dit baie...

7 Harleys met 10 Lede woon hierdie Outride by.

2017 09 17 Outride, Thirsty Giraffe
Thirsty Giraffe, Hoedspruit
Ben & Dina Pretorius; Ben Schempers; Johann & Linda Liebenberg vertrek vanaf Polokwane.
17
Sep
2017
2017 09 17 Outride, Thirsty Giraffe
Thirsty Giraffe, Hoedspruit
17
Sep
2017
Ben & Dina Pretorius; Ben Schempers; Johann & Linda Liebenberg vertrek vanaf Polokwane.

Ben & Dina Pretorius; Ben Schempers; Johann & Linda Liebenberg vertrek vanaf Polokwane met die Duiwelskloof pad na Tzaneen en dit is weereens die heerlikste ry-weer!  Stop vir ‘n vinnige Mugg & Bean koffie voor die lieflike Letsitele geur van Lemoen bloeisels ons asems wegslaan.  Daarna ry ons salig deur die mooi Bosveld area tot by Thirsty Giraffe wat knus in die bos gebou is…

Die plekkie veras ons met die heerlikste kos en baie goeie diens!

Hier join Harry & Karen Kruger; Rachel Sonntag; Marius Swanepoel ons, nadat hulle die Dullstroom Rally bygewoon het.

Almal ry veilig terug huiswaarts.  Baie dankie vir almal wat saamgery het – altyd ‘n lekkerte!

7 Harleys; 9 Lede 

2017 08 26 Spring Rally Geesvang, Pretoria
HD Pretoria, Lynnwood, Pretoria
Twee Harleys - Le Roux & Swanepoel, kom oor 'n nat en koue berg waar nog twee Harleys
26
Aug
2017
2017 08 26 Spring Rally Geesvang, Pretoria
HD Pretoria, Lynnwood, Pretoria
26
Aug
2017
Twee Harleys - Le Roux & Swanepoel, kom oor 'n nat en koue berg waar nog twee Harleys

Twee Harleys - Le Roux & Swanepoel, kom oor 'n nat en koue berg waar nog twee Harleys - Pretorius & Liebenberg, hulle inwag op die N1 op na Pretoria. Lekker koue weer hou ons op en wakker en kuier ons 7 lede lekker saam by Harley Davidson Dealership waar HOG Pretoria hulle Geesvang aanbied vir hulle Spring Fest Rally wat opkom 1-3 September!  Beestekraal sing hulle harte uit...en Pretoria laat ons baie welkom voel met 'n tipiese Harley 'suitcase'....mmmmm.

Ons klomp check vinnig in by die City Lodge en stap dadelik oor na die nuwe Tiger's Milk wat oopgemaak het by Lynnwood Bridge. Baie lekker gesellige plekkie. Hier join die FilleSteyne ons en ons is 9.

Sondag oggend drink ons 'n koffie by VovoTelo en ontvang ons die nuus oor Sous wat oorlede is vanoggend en ons almal raak stil en besin oor die Lewe wat so kort is...ai Sous....ons gaan jou vertellings so mis; wanneer jy jou hand so oor jou mond vee wanneer jy iets snaaks vertel sodat jyself nie te gou lag vir die grappie nie....en dan bars ons uit vir jou "Moon River...." storietjie en ons lag! Wanneer ons aan jou dink sal ons altyd glimlag want dis wat jy aan my hart doen.....en die Arend op ons Foto Gallery wat opstyg is vir jou vanaf ons....

Ons gaan eet 'n stewige ontbyt by Oppi Plaas en kom almal veilig tuis. Dankie aan almal wat saamgery het en lekker saamgekuier het. Ons maak graag weer so.

2017 08 18 Polar Bear Two Nighter
Le Grand Chateau, Parys
11 lede met 5 Harleys woon hierdie two nighter by.
18
Aug
2017
2017 08 18 Polar Bear Two Nighter
Le Grand Chateau, Parys
18
Aug
2017
11 lede met 5 Harleys woon hierdie two nighter by.

11 lede met 5 Harleys woon hierdie two nighter by, ons Polar Bear na Parys, waarvoor baie lede gevra het!

Dit was 'n voorreg om saam met Florence Schempers te kuier vir haar laaste naweek in SA....Ons hou vir Ben op sy Harley....Engelvlerke vir jou Flowers!!

Florence skryf vir ons Chapter as volg:

"Ons vertrek Vrydagoggend so halftien vanaf Polokwane, opgestop soos Orosmanne, gewapen teen die klein kouefront wat ons verras het op ons Polar Bear. Liebenberg, Schempers, Naude en Martens vertrek en die Oliviers hak by Potties aan. Irma sluit in Warmbad aan en ons drink 'n warm koffie om te ontdooi. Ons arriveer laat middag in 'n stil en verlate winterwit Parys. Aandete by O's na 'n sundowner, oortref ons grootste verwagtinge en ons lag ons kopspiere af!!
Saterdagoggend stap ons oor na Plumtree vir 'n ontbyt vol nostalgie en almal vaar die strate in. So 12 uur kom laai Simon ons in sy Buthle Buthle taxi op en vertrek ons na die Dog & Fig Brouery en ons lag en kuier die NoordWes aan die brand. Die man drink 'n gat in die Aardige Ale Vat. Dit was die treffer van die dag! Daar het ook 'n Tequila of twee rond geval... Vandaar verkas ons na Pickled Pig se kroegie om die rugby te kyk en glo my...... hulle het die groepie Harley mense geniet.
Soos Linda se: Harley girls do not need freshing up, we are fresh!
So steier ons direk van daar af na Hoi Poloi en stoot en trek mekaar teen 'n trap op wat eintlik 'n leer is. Wat 'n smaak sensasie..... om nie eers van die Wyn te praat nie......
Ons eet Sondagoggend gou 'n ligte ontbyt en skiet weg terug huistoe. Heerlike ryweer en voorspoedig, kom ons by Mustang Sally in Pretoria aan. Dit was die perfekte manier om 'n fantastiese naweek af te sluit.

Dit was so lekker om my laaste naweek hier saam met wonderlike mense te vier. Dankie aan Linda vir puik reelings.
Ek is nou weer in transito.......gaan julle outjies en hierdie fantastiese land mis!!"