HOG Limpopo Chapter se showstopper One Nighter was weereens so lekker. Dendron-Polokwane- Pretoria. 6 Harley Davidsons, 10 Lede, ry saam. Ons eet 'n GROOT en heerlike middagete by Mustang Sally in Pretoria en verkyk ons aan die milkshake-kunswerke. Die Rock Show - Superbands 2, by die Rockwood Theatre was awesome!!! Musiek van Journey, Queen, The Eagles & Bon Jovi laat ons nostalgies terugdink aan jare terug. Sondagoggend, oppad terug eet ons ontbyt by die mooi Ludgwig Rose. Wow! Wat ? lekker naweek saam met wonderlike Harley vriende en sulke spesiale hartstye. Die beste terapie vir liggaam & siel op ons bikes met die wind & Harley pype wat brul!
7 Lede woon by met 5 Harley Davidsons.
Mei is wonderlike Harley-ry tyd en dit was voorwaar perfekte weer die dag!
08:30 – Polokwane bikes vertrek vanaf Shell Bendor na Mugg & Bean Tzaneen
09:45 – Tzaneen bikes kom bymekaar by Mugg & Tzaneen en wag vir Polokwane bikes
10:00 – Groep vertrek saam na The Thirsty Giraffe
11:15 - Groep arriveer by The Thirsty Giraffe vir middagete
13:15 – Groep vertrek na Mugg & Bean Tzaneen
14:30 – Rus & koffie & rook breek
14:45 – Polokwane groep vertrek huis toe om teen 16:00 tuis te wees
Dankie aan Benhardt Steyn vir jou reelings vir hierdie lekker outride, ons waardeer!!
7 Harley Davidsons, 12 HOG Limpopo Chapter Lede woon by. Hierdie artikel deur Linda Liebenberg vir die HOG Africa Magazine.
When HOG Limpopo Chapter # 9399 combines their Cross Border One Nighter with their Prawn Run One Nighter, the result is a Mini Touring Rally to Mozambique & Swaziland – across three border crossings and the best Mozambique prawns you can think of!!
7 Harley Davidsons, 12 HOG Limpopo Chapter Members, joined us on Saturday 6 April from Polokwane & Tzaneen on route via Hoedspruit, Acornhoek, Bushbuck Ridge, Hazyview to White River. From there we headed to the Komatipoort / Mozambique border post. Harry Kruger, Assistant Director and organiser of this Mini Tour, gave us detailed instructions on what to do and what not to do, when crossing this border and we literally sailed through the post!
From here we headed to Maputo to cross over the newly build bridge….a few facts about this bridge:
- Africa’s longest suspension bridge;
- The Maputo-Katembe bridge measures 3km in length and connects travellers between South Africans and Mozambique in record time;
- The main span measuring 680 meters;
- It is 60 meters above the Maputo bay;
- It cost a staggering R11.3 billion to construct – most of which was funded via Chinese loans, which already make up about 20% of the country’s heavy sovereign debt;
- There is a toll charge that can be paid in Rands or Meticas;
After crossing this amazing new bridge, we stopped 72 kms from Ponta do Ouro for refreshments….
We drove into Ponta do Ouro around 16:30 after 740/640 kms for the day and checked into the Coco Rico Lodge for 2 nights, well situated in town to be close to all amenities.
We had the best prawns at the Lodge’s restaurant, Shipwreck!
Sunday, 7 April was Mozambique’s National Woman’s Day and we celebrated this with all the locals – we will remember this as the day of R&R’s – their famous Rum & Raspberry drink. We rounded the day off with a perfect traditional Chicken Peri-Peri in town – at Florestinha do Indico.
On Monday, 8 April we departed to be at the Kosi Bay Border post to be there at 8:00. This border post is only open from 8:00 to 17:00 every day.
Our route today went via Kosi Bay, through the most beautiful Fever Tree Forest, to have brunch at the Boabab Inn on the N2, just before Pongola. We crossed the border at Golela, close to Lavumisa, to go into Swaziland. We travelled through Big Bend and Manzini to check into the Happy Valley Hotel & Casino. 421 kms riding for the day.
We had dinner at Adega’s, just across the road that evening to round our trip off with good food and good company.
Tuesday, 9 April, after a hearty breakfast, we departed to go through our third border crossing on this trip, at Oshoek, back info South Africa. Our route today was via Machadodorp – eNtokozweni – where we stopped at The HOG, an interesting small town pub, where we freshened up. Here we split up into two groups – 2 Harleys travelling via Belfast, Stofberg, Jane Furse, Chuenespoort to Polokwane 440kms for the day, while the 5 Tzaneen Harleys travelled via Dullstroom, Lydenburg, Ohrigstad to Tzaneen, 430kms for the day.
A total of 1,600 safe kilometres for the 2 Polokwane Harleys and a total of 1,500 kilometres for the 5 Tzaneen Harleys! It was one of our best rides – wonderful riding weather, a warm and sunny day off, good accommodation, great food, perfect Harley Owners Company – what else can you ask for!? Very well planned and organized, thanks to Harry Kruger, Assistant Director, HOG Limpopo Chapter.
Linda Liebenberg
HOG Limpopo # 9939
Secretary
Cell: +27 83 628 3134
Fax: +27 86 668 3134
E-mail: linda@eden-fruit.com
Visit: www.hog-limpopo.co.za
6 Harleys vertrek vanaf Tzaneen na Louis Trichardt vir middagete by Mountain Inn, Louis Trichardt. Een Tzaneen Harley ry via Polokwane na Dendron om saam met nog lede na Louis Trichardt te vertrek. Ons eet 'n Buffet met 'n baie groot verskeidenheid disse, 'n hele aantal nageregte word ook aangebied! Na 'n heerlike kuier op die stoep, met 'n asemrowende uitsig, vertrek ons huiswaarts. Lekker koel ry-weer, geen reen.
10 HOG Limpopo Chapter Lede woon by.
“Romance in the Rain”
Ons jaarlikse Valentine 1 nighter, was soos altyd, alweer ‘n wonderlike trip! Dankie aan almal wat saam was - of dit nou op jou Harley (9) of in jou voertuig (3) was – sonder jou sou dit nooit so lekker kon wees nie.
Saterdag oppad na Gabbata Lodge het ons nat gereën – soos ons vooraf seker almal geweet het. Dit was egter darem nooit te erg nie en almal het veilig en drogerig by ons bestemmings langs die pad opgedaag.
Toeka se Dae was perfek vir ‘n vinnige en ligte middagete en toe ons die laaste reënbui agter ons “sit” was dit heerlik warm al die pad na Gabbata Lodge.
Saterdagmiddag was rustig en ontspanne met sommige lede wat ‘n middagslapie/rus geneem het terwyl ander hul solank voorberei het vir die aand se “mannewales”.
21 Lede het almal al te lekker saam geëet en kuier by ons eie spesiaal gedekte Valentynstafel. Die verlowing van Marius & Corma is behoorlik gevier! HOG Colors is oorhandig aan Gawie & Rozille Booysen asook Nico Peyper – weereens baie geluk!
Sondag-oggend het ons groep na ‘n heerlike ontbyt by Gabbata Lodge, huiswaarts gekeer – sommige via die Harley Shop in Pretoria, sommige via Menlyn Shopping Centre (baba goodies aankope), sommige via grensposte na Botswana en sommige via Colesberg na Kaapstad (vir ‘werk’).
Die Polokwane bikes was teen 14:00 se kant by die huis en die Tzaneen bikes teen 17:00, na ‘n middagete by Pot & Plow.
Baie dankie aan Gawie Booysen, ons nuwe lid, wat vir ons foto’s geneem het en al die spesiale oomblikke vas gevang het!
Benhardt Steyn
Direkteur, HOG Limpopo Chapter
Dankie aan Harry & Karen Kruger van die reel van ons AGM venue en ete by Eiland. 29 lede is teenwoordig en binne 'n uur is ons AGM iets van die verlede - short & sweet!
Ons HOG Limpopo Chapter afsluiting was weereens pret uit die boonste rakke! Op die Agatha pad en in die berge by Mashutti Country Lodge naby Tzaneen het ons die tema 'African Chic' tot die beste voorbeelde uitgebeeld. ? Verfrissende koel swembad, Thabo wat sy bene af bedien het, DJ Craig wat ons besig gehou het op die dansvloer, lekker kos & lag & samesyn saam met wonderlike vriende, het die funksie gemaak! Die tafels was vol heerlike papajas, avokados, piesangs, aarbeie en elkeen van ons het ? baie “spesiale plantjie” gekry wat volwaardig by die tema gepas het. Dankie Harry & Karen Kruger asook al ons Tzaneen lede, vir julle wonderlike idees en reëlings getref. Dit was weereens 'n onvergeetlike jaareind partytjie!
Wat meer kan ek sê!!? Dit was ‘n fantastiese, wonderlike trip. Elke oomblik was spesiaal. Ons het ‘n pragtige land – elke gebied is uniek. Op ons Harleys, saam vriende, is dit nog meer spesiaal.
Aanvanklik is ons 12 Harleys (16 toerlede) wat mekaar kry op Dinsdag 23 Oktober by The Ranch Caltex vulstasie. Leon & Marina ry net saam tot op Lichtenburg. So begin ons reis van meer as 4 300 km. Die eerste 2 dae is die weer nog koud in die oggende, lekker in die middae, maar van die 3de dag af word dit baie warm – tot 41.5 ‘C. Ons stop kort-kort by oulike plekkies, slaap by amazing gastehuise langs die pad, eet soos konings en drink wyn soos fynproewers. Elke aand om ‘n braaivleisvuur of saam om ‘n lang vriendskapstafel dink ons na oor die dag se gebeure en kies ons saam die dag se “dweepie” – dis die een wat die dag ons die meeste laat lag het, of iets snaaks aangevang het – die dweepie moet dan die warm pienk mus dra tot die volgende aand. Dit was voorwaar pret. Ons beleef saam benoude oomblikke soos toe die verkeerspolisie ons naby Olifantshoek aftrek, konsuis omdat al 11 motorfietse nie die regte nommerplate het nie. Na ‘n half uur se mooi praat, kan ons uiteindelik weer in die pad val. Rachel wat sonder brandstof gaan staan en Mike wat deur ‘n by gesteek word … Op Augrabies sien ons ‘n pragtige sonsondergang met die kokerbome in die voorgrond en dit was volmaan – met die maanlig wat glinster op die Noord Kaap klippe…. Op Pofadder eet ons lekker ontbyt. Doringbaai is asemrowend mooi met die blou Atlantiese Oseaan en wit seemeeue – hier vier ons Ben Pretorius se verjaarsdag. Op Lambertsbaai bly ons in die pragtige Grootvlei Gasteplaas. Die Weskus Rally begin by die legendariese Muisbosskerm, met kos uit die boonste rakke. Met die baie warm terugrit deur die Karoo, spring ons almal, met Linda aan die voortou, op Williston se “Mall” se yskoue dam, klere en al, in. Wat ‘n lafenis!! Die Karoo is warm, die pad is lank, windpompe en skape is volop. In Victoria Wes by die Merino Junction wag hulle ons in met koue bier en lugverkoelde kamers. Ons eet Karoo skaaptjops en kuier lekker saam. Karen wys ons weereens dat ons Afrikaner vroue sterk is, toe sy die meer as 600 km tussen Victoria Wes en Kroonstad olik op haar bike kan bly. Saam is ons so dankbaar dat sy gou weer op en top is na ‘n nag se veblyf in die hospitaal. Ons groet mekaar weer almal by The Ranch Caltex naby Polokwane. Wat ‘n trip! Ons is so dankbaar dat ons dit saam kon voltooi, dat ons veilig was en memories kon maak wat ewiglik deel van ons sal wees. Baie dankie aan Johann en Linda Liebenberg, vir die puik reëlings, leierskap en omgee.
Kathleen Breytenbach
HOG Limpopo Photographer & Editor
8 Polokwane lede; 11 Tzaneen lede; totaal van 19 lede uit HOG Limpopo woon by.
10 Harley Davidsons & 2 Motors vir die krukkelys ;-))
Gaan tuis in die Fox & Hound Groep van eiendomme. Baie dankie aan elkeen betrokke om dit 'n heerlike 2 nighter te maak!
Die Two Nighter gereël deur ons Captain Ladies of Harley, HOG Limpopo Chapter, was heelhartig en uitbundig geniet deur almal teenwoordig. Twee packs het onderskeidelik vanaf Polokwane & Tzaneen vertrek Vrydagmiddag en net voor son-onder by Dullstroom ge-arriveer - 19 lede op 9 harleys & 2 voertuie, almal veilig uit en tuis. Die aandetes by Mayfly Restaurant (Vrydag) en Critchley Hackle Lodge (Saterdag) was net-net oortref deur die ontbyt Saterdagoggend op Highland Golf Estate. Elmarie Jacobs & Lindie Lucas se HOG Limpopo Colors is aan hulle oorhandig en Pierre Welthagen is as nuwe lid verwelkom by ons Chapter. Sondagoggend se huiswaarts keer, het sonder voorval verloop en die 2 packs is basies op hule eie roetes terug - met die Tzaneen groep wat darem net betyds voor donker tuis was na lekker kuiers langs die pad!
Benhardt Steyn
HOG Limpopo #9939
Director
Ons het 'n 'Awesome Amarula & Prawn Run' op ons Harleys gehad. Meer as 220 km vir Tzaneen lede, meer as 460 km vir ons Polokwane lede. Naby Phalaborwa het ons gestop by Amarula Lapa waar Amarula vervaardig word. Baie interessant. Harry Kruger bederf ons hier elkeen met 'n verversing wat heel gepas is. Natuurlik shop ons Ladies of Harley want daar is mos 2 trikes met groot bagasiespasie of hoe!? By Villa Luso Restaurant in Phalaborwa, smul ons aan regte egte Mosambiek prawns, en net soos in die verlede, stel hulle nie teleur nie. Dit was smul lekker! Weereens geniet ons elke oomblik - die saamkuier met wonderlike Harley vriende en ook elke kilometer op ons Harleys deur wind, stof, mis, reën & koue! Dankie Harry Kruger, jou reëlings was uitstekend. 10 Lede met 7 Harleys woon by.
HOG Limpopo Chapter se Bosveld Bibber One Nighter te Lapeng Guest Lodge naby Burgersfort was weereens pret uit die boonste rakke. 25 HOG lede ry meer as 750 km deur klein dorpies soos Roossenekal en Stofberg, oor bergpasse met opwindende draaie en ons sien weereens hoe mooi ons land is! By Lapeng kuier ons langs 'n knetterende Bosveld vuurtjie en drink goeie rooiwyn saam met Heerlike Harley Mense. Mak njala bokke wei tussen ons gemakilke chalets. Wat 'n onvergeetlike naweek! Dankie aan Marius Swanepoel vir sy puik reëlings as Activities Officer vir HOG Limpopo Chapter.